Grenslyn persoonlikheidsversteuring (GPV) beter bekend as Borderline personality disorder (BPD)
Wat is Grenslyn persoonlikheidsversteuring (GPV)
Borderline Personality Disorder (BPD) is a complex and often misunderstood mental health condition. Characterised by intense emotional instability, difficulties in maintaining relationships, and a profound fear of abandonment, BPD can significantly impact an individual’s daily life. Despite its challenges, with the right support and treatment, those living with BPD can lead fulfilling lives.
Grenslyn persoonlikheidsversteuring (GPV) is ‘n komplekse en dikwels misverstane geestesgesondheidstoestand. Hierdie versteuring word gekenmerk deur intense emosionele onstabiliteit, probleme met die handhawing van verhoudings en ‘n diep vrees vir verlating. GPV kan ‘n individu se daaglikse lewe aansienlik beïnvloed. Ten spyte van die uitdagings, kan diegene wat met GPV leef, met die regte ondersteuning en behandeling, vervullende lewens lei.
Waar kom die term Grenslyn persoonlikheidsversteuring vandaan?
The term borderline personality disorder (BPD) was used to describe patients whose symptoms did not clearly fit into either psychosis or neurosis- they seemed to be on the border between the two.
Later, psycho-analysts refined the concept, describing it as borderline personality organization, which they believed fell between neurotic and psychotic personality structures. By 1980, BPD was officially recognised as a distinct disorder in the Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM).
Interestingly, the name has been debated over the years, with some experts arguing that it is misleading and contributes to stigma. Alternative names like Emotion dysregulation disorder, Relationship disorder or Emotional unstable personality disorder have been suggested.
Die term Grenslyn persoonlikheidsversteuring (GPV) is aanvanklik gebruik om pasiënte te beskryf wie se simptome nie duidelik in psigose of neurose gepas het nie. Dit het aanvanklik gelyk of hulle tussen die twee gegrens het.
Later het psigo-analiste die konsep verfyn en dit beskryf as grenspersoonlikheidsorganisasie, wat hulle geglo het tussen neurotiese en psigotiese persoonlikheidstrukture val. Teen 1980 is GPV amptelik as ‘n afsonderlike versteuring in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings (DSM) erken.
Interessant genoeg is die naam oor die jare gedebatteer, met sommige kenners wat aanvoer dat dit misleidend is en tot stigma bydra.
Alternatiewe terme soos Emosionele disreguleringsversteuring, Verhoudingsversteuring of Emosionele onstabiele persoonlikheidsversteuring is voorgestel.
Die diagnostiese kriteria vir GPV volgens die DSM 5
GPV word gekenmerk deur ‘n voortdurende patroon van onstabiele selfbeeld en -interpersoonlike verhoudings wat in vroeë volwassenheid begin, met ten minste 5 van die volgende kriteria:
- waansinnige pogings om verwerping te vermy, synde dit werklike of verbeelde verwerping is;
- ‘n patroon van onstabiele en intense interpersoonlike verhoudings wat gekenmerk word deur afwisselende ekstreme van oor-idealisering en afkeuring;
- identiteitsverteuring: ‘n kenmerkende en voortdurende onstabiele selfbeeld of selfsiening;
- impulsiwiteit in ten minste twee van die volgende areas wat skade vir die self in kan hou (bv. geld spandering, seks, substansmisbruik, roekelose bestuur of om op ooreet-episodes te gaan);
- herhalende selfdood gedrag, gebare, dreigemente, of self-beserende gedrag;
- affektiewe onstabiliteit as gevolg van ‘n verandering van gemoed;
- chroniese gevoelens van leegheid;
- ontoepaslike, intense woede of probleme om woede te oorkom;
- kortstondige, stresverwante paranoïede verbeelding of erge dissosiatiewe simptome.
‘n Verdere verduideliking van die simptome van iemand met ‘n Grenspersoonlikheidsversteuring (GPV)
Grenspersoonlikheidsversteuring (GPV) is ‘n komplekse geestesgesondheidstoestand wat gekenmerk word deur onstabiliteit in emosies, verhoudings, selfbeeld en gedrag. Mense met GPV ervaar dikwels intense buierigheid, probleme om verhoudings te handhaaf en impulsiewe besluitneming, wat die daaglikse lewe uitdagend kan maak.
Algemene simptome van GPV
- Emosionele onstabiliteit
Individue met GPV ervaar gereeld intense emosies wat vinnig verskuif, soos diep hartseer, woede, angs of opgewondenheid. Hierdie buierigheid kan binne ure of selfs minute plaasvind, wat emosionele regulering moeilik maak.
- Vrees vir verlating
‘n Sterk vrees vir verwerping of verlating is ‘n kernsimptoom van GPV. Dit kan lei tot paniekerige pogings om vermeende verlating te vermy, soos om aan verhoudings vas te klou, oormatig afhanklik van ander te word, of mense weg te stoot voordat hulle die verhouding kan verlaat.
- Onstabiele verhoudings
Mense met GPV ervaar dikwels uiterste skommelinge in verhoudings, wat afwissel tussen die idealisering van geliefdes en die skielike devaluering daarvan. Hierdie onstabiliteit kan gereelde konflikte en misverstande in persoonlike en professionele interaksies veroorsaak. Dit word soms ook splitting genoem, Jy is alles goed of alles sleg, met geen grys areas nie.
- Verwronge selfbeeld
‘n Persoon met GPV kan sukkel met hul identiteit en onsekerheid ervaar oor wie hulle is, hul waardes of hul doelwitte. Hierdie onstabiliteit kan lei tot gereelde veranderinge in loopbane, verhoudings of belangstellings.
- Impulsiewe en riskante gedrag
Impulsiwiteit is ‘n kenmerk van GPV. Dit kan roekelose besteding, dwelmmisbruik, ooreet, onveilige seks of ander selfvernietigende gedrag insluit wat negatiewe gevolge kan hê.
- Selfbesering en selfdood gedagtes
Baie individue met GPV neem deel aan selfbeserende gedrag, soos sny, brand of ander dade van selfbesering. Selfdoodgedagtes of -pogings is ook algemeen en kom dikwels voor in reaksie op oorweldigende emosies of verhoudingsprobleme. Soms is dit blote dreigemente, en soms is hulle ernstig.
- Chroniese gevoelens van leegheid
‘n Persoon met GPV kan voel asof hulle ‘n innerlike leemte het, wat lei tot verveeldheid, eensaamheid en emosionele gevoelloosheid. Hierdie gevoel van leegheid kan impulsiewe gedrag of pogings om die leemte deur allerhande eksterne middele te vul, dryf.
- Intense woede en probleme om dit te beheer
Skielike uitbarstings van woede, irritasie of wrok kan algemeen voorkom by individue met GPV. Hierdie woede kan gerig wees op geliefdes of jouself en kan baie moeilik wees om te bestuur.
- Paranoia en dissosiasie
Mense met GPV kan episodes van paranoia ervaar, agterdogtig voel of ander wantrou. Hulle kan ook dissosieer, afgesonder voel van die werklikheid, hulself of hul emosies tydens tye van stres.
‘n Storie van iemand met Grenslyn persoonlikheidsversteuring
Bianca* en Liam* het mekaar ontmoet nadat hy op dieselfde vloer van ‘n gebou vir ‘n ander maatskappy begin werk het.
Hulle het toevallig mekaar gereeld raakgeloop tydens sosiale ontmoetings of by die koffie-winkel op die onderste vloer.
Binne ‘n baie kort tyd het hulle baie goeie vriende, eintlik beste vriende geword. Bianca het sex-appeal gehad. Sy was altyd geklee in ‘n kort rokkie met ‘n stywe bloesie. Sy was verleidelik en het hom gou bekoor.
Sy het hom baie gou vertel van haar persoonlike lewe met die fynste detail, soms ontoepaslik. Sy het hom ook vertel dat sy dink hy die beste ooit is in sy professie en dat hy die wonderlikste mens is wat sy ooit ontmoet het. Self was sy briljant in haar professie en het groot sukes gehad in wat sy doen.
Sy was op daardie stadium gewikkel in ‘n lelike egskeiding met ‘n man wat sy beskryf het as die slegste mens wat sy ooit ontmoet het.
Bianca was anders as alle mense. Sy was ‘n Pagan wat naby aan die natuur geleef het, soms op die dak van haar huis met volmaan gedans het. Sy was net ongelooflik, interessant en misterieus.
Liam was getroud en kon dit regkry om haar te weerstaan. Bianca het egter iemand ontmoet en blitsvinnig in ‘n verhouding met Gerald* betrokke geraak. Aanvanklik was dit net maanskyn en rose, maar probleme in die verhouding het mettertyd ontstaan. Bianca het intussen ‘n beste vriendskap met Talita* gevorm.
Talita het eendag ‘n boodskap vir Gerald gestuur en vir hom vertel wat ‘n slegte mens hy is en wat hy alles verkeerd doen in hulle verhouding. Vreemd genoeg het Bianca en Talita se vriendskap nie gehou niem en het hulle nooit weer met mekaar gepraat nie.
Gerald is ‘n goeie mens en sal alles doen om ander mense gelukkig te maak, maar vir Bianca was hy nooit goed genoeg nie. Tog het sy hom later ingeperk en hy mag nie sy familie of vriende gesien het nie. Hy was nie toegelaat om dinge te doen wat hy geniet het nie. Hy mag nie sy passies, soos sy liefde vir motorfietse, uitgeleef het nie.
Later van tyd het Gerald se suster en Liam in ‘n verhouding betrokke geraak na sy egskeiding.
Gedurende hierdie tyd het sy eendag vir Liam ‘n vernederende boodskap gestuur oor iets wat hy verkeerd sou gedoen het. Liam het haar daarna geblok en besluit om nooit weer met haar te paat nie.
In die gebou waar hulle gewerk het, was Bianca en Liam een keer saam in die hysbak waar Liam haar nie gegroet het nie. Bianca kon dit net nie verstaan nie. Liam moes mos net daarvan vergeet. Dit was nie so erg nie.
Sy gevoelens het net nie saak gemaak nie.
- Indien jy wonder hoekom ek hierdie storie vir jou vertel, mag jy dalk weer na die diagnostiese kriteria kyk en kyk hoeveel van die kriteria jy in die bogenoemde storie kan identifiseer.
*Nie hul regte name nie