Depressie
Meer as net die blues
Die lewe is vol van die emosionele oppe en affe en elkeen van ons ervaar die blues van tyd tot tyd. Hierdie uitdaging ontstaan wanneer die af tye langer aanhou as wat dit moet, of inmeng met jou vermoë om te funksioneer by die huis, werk, of enige ander areas van funksionering, mag jy moontlik met depressie uitgedaag word.
Depressie affekteer jou gemoed, verstand, liggaam en optrede. Navorsing het getoon dat 5 – 6% van die populasie ʼn depressiewe versteuring mag ontwikkel. Amper twee derdes van hierdie mense kry nie die hulp wat hulle nodig het nie. Behandeling kan die simptome van meer as 80% van gevalle verlig. Dit is as gevolg hiervan dat depressie meestal nie herken word nie en voortgaan om onnodige lyding te veroorsaak.
Wat is depressie?
Depressie is nie dieselfde as net ʼn verbygaande blou gemoed nie. Dit is nie ʼn teken van ʼn persoonlike swakheid of ʼn toestand wat weggewens kan word nie. Mense met depressie kan nie sommer net hulself regruk en dan beter word nie. Sonder behandeling, kan simptome vir weke, maande of jare aanhou.
Toepaslike behandeling kan egter die meeste mense help wat uitgedaag word met depressie.
Wat veroorsaak depressie?
Net soos depressie baie verskillende vorme kan aanneem, het dit ook baie moontlike oorsake. Depressie word eintlik veroorsaak deur ʼn kombinasie van faktore.
Jy vra dalk nou hoekom die een persoon depressief raak terwyl ʼn ander onaangeraak blyk te wees onder dieselfde omstandighede? Daar is nie ʼn duidelike antwoord hiervoor nie en is uniek tot elke individu. Vir elke persoon is daar ʼn komplekse, individuele patroon van faktore wat saam werk om depressie of toe te laat of om dit te voorkom in enige gegewe tyd.
Soms is dit moontlik om ʼn spesifieke gebeurtenis (of gebeurtenisse) uit te sonder wat die depressie kon veroorsaak. Daar is egter ook die kere wat depressie ontstaan vir geen spesifieke rede nie, selfs met mense wie se lewens ooglopend goed verloop.
Daar is egter nie genetiese of biochemiese faktore as ʼn oorsaak vir depressie nie. Depressie word gewoon veroorsaak deur ‘n magtelose gevoel van woede en hopeloosheid.
Woede sonder entoesiasme
Die vader van Sielkunde, Sigmund Freud eenmaal gesê het: depressie is woede sonder entoesiasme. Wanneer ʼn persoon depressie het, mag dit beteken dat hul kwaad mag wees vir iemand of iets, maar vir een of ander rede kan die persoon niks daaraan doen nie.
Soiemand is besig om woede te onderdruk vir verskeie redes, soos:
- Jy voel dalk hulpeloos en magteloos om die woede wat verband hou met vorige ervarings wat verby en klaar is, te hanteer en steeds voel jy magteloos.
- Jy mag dalk kwaad voel vir iemand in ‘n hoër posisie soos jou pa of ma, selfs ‘n baas of die regering, maar voel hulpeloos om iets daaraan te doen.
- Jy mag selfs ‘n geestelike woede ervaar. Woede teenoor God (of hoe jy spiritualiteit verstaan) kan teenwoordig wees. Jy voel nie instaat om iets aan jou woede te doen nie, aangesien jy niks kan doen om wraak te neem op die Goddelike nie. Jy ervaar ‘n gevoel van hulpeloosheid of magteloosheid en moet maar jou woede onderdruk.
- Jy mag dalk ook deur skuldgevoelens gedryf word, aangesien jy nie instaat is om jou woede uit te druk nie. Daar is ‘n siening dat dit ‘n sonde is om kwaad te wees.
- Jy mag egter ook gedryf word om die gevolge van jou woede te vrees, of dit nou ‘n irrasionele vrees vir verwerping, verlating, nie waardig voel of enige ander sogenaamde irrasionele vrese is.
Hieronder volg ‘n lys van al die verskillende tipes depressie. Hou die idee van woede sonder entoesiasme in jou agterkop wanneer jy deur die lys gaan. Jy mag dalk begin om kritiese vrae diep binne jou te vra oor moontlike woede wat jy mag onderdruk, maar jouself dit nie toelaat nie. Dit mag dalk aanvanklik nie vir jou sin maak nie, maar vertrou jou onderbewuste om jou te vertel dat hier iets verkeerd is.
Jy is in goeie geselskap
Enigiemand kan depressie kry. Dit is nie waar dat net swak mense depressief kan raak nie. Depressie is algemeen en wydverspreid en dit kan met enigeen van ons gebeur.
Briljante, bekende mense, mense wat regtig tot die mensdom bygedra het, was gewone mense soos ek en jy en baie van hierdie mense het ook depressie ervaar.
Tipiese voorbeelde van bekende mense wat depressie as uitdagings ervaar het, is (om maar net ‘n paar te noem):
- Winston Churchill, bekend vir sy verwysing na depressie as die swart hond wat hom bly agtervolg. Hy is tydens die Tweede Wêreldoorlog met moeilike en belangrike besluite uitgedaag, veral toe die oorlog teen Groot Brittanje donker geword het;
- Ludwig von Beethoven, een van die grootste komponiste ten alle tye, het depressief geraak nadat hy uitgevind het dat hy besig was hy om doof te word, aangesien musiek sy lewe was;
- Vincent van Gogh, een van die grootste kunstenaars in die geskiedenis, het ‘n geskiedenis van depressie, psigose en bipolêre gemoedsversteuring gehad;
- Leo Tolstoi, Russiese skrywer en outeur van die meeste invloedryke werke ten alle tye. Hy was so depressief en het homself gekritiseer omdat hy nie die moed gehad het om selfdood te pleeg nie. Dit het veroorsaak dat hy ‘n boek geskryf het met die naam A Confession, een van daardie epiese boeke wat elke mens hoort te lees;
- Abraham Lincoln se lewe was gekenmerk deur talryke trauma’s, soos onder andere die afsterwe van twee van sy seuns op ‘n baie jong ouderdom sy ervaring van depressie, maar steeds het hy voorgegaan om die President van die Verenigde State van Amerika te word.
- Ernest Hemingway, een van die grootste skrywers van ons tyd, het sy lewe in eie hande geneem;
- Michaelangelo het soveel meer tyd geneem om sy werke te voltooi weens sy depressie, hy het min vriende gehad en het nie eens sy eie broer se begrafnis bygewoon nie, maar tog het hy van die beroemdste skilderye in die geskiedenis geskilder.
Depressie hoef nie ‘n sogenaamde toestand te wees nie en beslis nie ‘n toestand vir sogenaamde swak mense nie. Al die bogenoemde historiese karakters het al die redes in die wêreld gehad om depressie die oorhand oor hulle te gee, maar hulle het egter besluit om die beste van hul depressie te maak en het almal die besluite geneem om nie slagoffers te wees nie, maar om oorlewendes of wenners te word. Ook jy kan jou woede gebruik om entoesiasties te raak. Dit was die gevolg van Churchill se keuse om die oorlog te wen.
Hulle was almal kunstenaars, politici en skrywers wat almal, ondanks depressie, steeds tot die samelewing bygedra het. Dit was ondermeer die gevolg van Beethoven se keuse om sy onsterflike vyfde simfonie te komponeer, wat as temalied van die Geallieerdes gebruik is toe hulle besluit het om die oorlog te wen.
Verskillende soorte depressie
Daar is baie verskillende tipes depressie. As jy dink jy is dalk depressief, vra jouself af: watter soort depressie ervaar ek?
Om ‘n dieper begrip van die verskillende tipes depressie te verkry, kan jou help om die reis na begrip en herstel te begin.
Major depressiewe versteuring (kliniese depressie)
Die DSM 5 gee ‘n uiteensetting van die volgende maatstawwe om ‘n diagnose van depressie te maak. Die individu moet gedurende dieselfde periode van 2 weke vyf of meer simptome ervaar en ten minste een van die simptome moet (1) depressiewe bui of (2) verlies aan belangstelling of plesier, wees.
- Depressiewe gemoedstoestand (voel hartseer, leeg of hopeloos) die grootste deel van die dag, byna elke dag
- Merkbare verminderde belangstelling of plesier in alle, of byna alle aktiwiteite die grootste deel van die dag, byna elke dag
- Beduidende gewigsverlies (wanneer die individu nie dieet nie) of gewigstoename
- Slapeloosheid of hipersomnie byna elke dag
- Psigomotoriese agitasie (gevoelens van rusteloosheid) of vertraging (gevoelens van alles stadig doen) byna elke dag
- Gevoelens van uitputting of verlies aan energie byna elke dag
- Gevoelens van waardeloosheid, oormatige of onvanpaste skuldgevoelens byna elke dag
- Verminderde vermoë om te dink, konsentreer of besluiteloosheid, byna elke dag
- Herhalende gedagtes oor die dood, herhalende selfdoodgedagtes sonder ‘n spesifieke plan, of ‘n selfdood of ‘n spesifieke plan om die self te dood.
Om ‘n diagnose van depressie te ontvang, moet hierdie simptome ‘n klinies beduidende negatiewe invloed op die individu se sosiale, beroeps- of ander belangrike areas van funksionering veroorsaak. Die simptome behoort nie die gevolg te wees van dwelmmisbruik of ‘n ander mediese toestand nie.
Major depressiewe versteuring word geassosieer met hoë sterftes, waarvan baie deur selfdood veroorsaak word. As jy dink dat iemand vir wie jy omgee, aan depressie ly, is dit belangrik om die waarskuwingstekens van selfdood te herken en om selfdood dreigemente baie ernstig op te neem. Iemand wat ernstig is oor selfdood, mag dinge uiter soos: ek gaan myself doodmaak, maar hulle mag ook passiewe stellings maak soos: ek wens ek kon net gaan slaap en nooit wakker word nie, is eweneens kommerwekkend. Wanneer iemand sulke stellings maak, moet hulle aangemoedig word om ‘n geestesgesondheidswerker so gou moontlik te sien.
Individue met depressie toon ook prikkelbaarheid, ‘n gebroei op emosies, obsessiewe herkouing en rapporteer angs, fobies, oormatige bekommernis oor hul fisiese gesondheid en rapporteer gereeld fisiese pyn.
Die jongste uitgawe van die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM), die DSM-5, het twee spesifiseerders bygevoeg om diagnoses verder te klassifiseer:
- met gemengde kenmerke – hierdie spesifiseerder maak voorsiening vir die teenwoordigheid van maniese simptome as deel van die diagnose van depressie by mense wat nie aan die volledige kriteria vir ‘n maniese episode voldoen nie.
- met angstige ongemak – die teenwoordigheid van angs by hierdie mense kan prognose, behandelingsopsies en die individu se reaksie daarop beïnvloed. Klinici moet evalueer of mense met depressie ook angs beleef.
Major depressie meng in met jou vermoë om te werk, slaap, eet en om aangename aktiwiteite te geniet. Hierdie episodes van depressie kan een, twee of ‘n paar keer in ‘n leeftyd voorkom.
Distimie (voortdurende depressiewe versteuring)
Distimie is ‘n langtermyn vorm van depressie wat twee jaar of langer duur. Die simptome van distimie is nie so ernstig soos dié van ‘n major depressiewe versteuring nie, maar ontlok steeds gevoelens van hartseer, hopeloosheid en verlies aan plesier en kan inmeng met die daaglikse lewe, werk en verhoudings.
Mense met distimie mag dalk voorkom asof hulle ten volle funksioneel is, maar hulle kan dit dikwels moeilik vind om gelukkig te wees, selfs wanneer dinge vir hulle reg loop. Hulle kan beskou word as somber, pessimisties, onvergenoegd of mense wat altyd kla. Anders as major depressiewe episodes, kan hul simptome mettertyd kom en gaan en die intensiteit van die simptome kan verander, maar hul simptome hou aan vir langer as twee maande op ‘n slag.
Bipolêre gemoedsversteuring (maniese depressie)
Bipolêre gemoedsversteuring kan uiterste skommelinge in jou gemoed asook veranderinge in energie, denke, gedrag en slaap veroorsaak. Jy mag dalk vir ‘n sekere periode van tyd teen die grond voel, wat opgevolg mag word met ‘n periode waar jy in die wolke mag voel, waar jy gevoelens van euforie en eindelose energie ervaar, om net weer opgevolg te word met gevoelens van teneergedruktheid en depressie.
Ek bespreek hierdie uitdaging meer in diepte in my artikel oor bipolêre gemoedsversteuring op hierdie webtuiste.
Postpartum depressie (nageboortelike depressie)
Heelparty vroue ervaar hartseer en huilerigheid na die geboorte van ‘n kind. Dit staan ook bekend as die baba bloutes. Baie vroue wat geboorte gegee het, sukkel met hartseer, angs of bekommernisse. Tekens en simptome van PPD behels onder meer:
- gevoelens van terneergedruktheid of depressie meeste van die dag vir ‘n paar weke of langer
- gevoelens van afstand en onttrekking van familie en vriende
- verlies aan belangstelling in alles aktiwiteite (insluitend seks)
- veranderinge in eet- en slaapgewoontes
- gevoelens van moegheid meeste van die dag
- gevoelens van woede of irritasie
- gevoelens van angs, bekommernisse, paniek-aanvalle of gedagtes wat jaag
Post partum depressie kan die gevolg wees van ‘n verskeidenheid faktore, insluitende fisiese veranderinge as gevolg van swangerskap, angstigheid oor ouerskap wat wag, hormonale veranderinge, vorige geestesgesondheidsprobleme, gebrek aan ondersteuning, ‘n ingewikkelde swangerskap of bevalling, en/of veranderinge aan jou slaapsiklus as ‘n nuwe ma.
Seisoenale depressie (seisoenale affektiewe versteuring)
Seisoenale affektiewe versteuring is ‘n tipe depressie wat verband hou met die verandering van seisoene. Jy mag dalk met die wisseling van seisoene simptome van depressie ervaar, soos hopeloosheid, moegheid en verlies aan belangstelling of plesier in aktiwiteite gedurende ‘n sekere seisoen, gewoontlik in die wintermaande. Dit kan ook in die somer gebeur, veral in die suidelike halfrond waar kersfees in die somer gevier word en die individu elke jaar herinner mag word aan die verlies van geliefdes gedurende die feestyd.
Psigotiese depressie
Ongeveer 20 persent van mense met depressie het episodes wat so ernstig is dat hulle psigotiese simptome ontwikkel. Psigose is ‘n geestestoestand wat gekenmerk word deur ongeorganiseerde denke of gedrag, valse oortuigings bekend as delusiess, of verbeelde beelde wat hulle sien of geluide wat hulle hoor, bekend as hallusinasies.
Psigose verwys na die tydperk wanneer ‘n persoon kontak met die werklikheid verloor. Die vroeë tekens van psigose sluit in waanbeelde (delusies) of hallusinasies, onvanpaste emosies, probleme om helder te dink, asook ‘n afname in persoonlike higiëne en ‘n verlies aan prestasie.
Premenstruele disforiese versteuring (PMDV)
Premenstruele disforiese versteuring kan ook verband hou met ‘n depressiewe gemoedstoestand en angs. Om ‘n diagnose van PMDV te ontvang, moes soiemand simptome ervaar het gedurende meeste van haar menstruele siklusse van die afgelope jaar en hierdie simptome moes ‘n nadelige uitwerking op werk- of sosiale funksionering gehad het.
Premenstruele disforiese versteuring (PMDV) is ‘n veel meer ernstige toestand as premenstruele sindroom (PMS). Die simptome van PMS beïnvloed gewoonlik nie alledaagse funksie nie en is minder ernstig in hul intensiteit. Alhoewel dit normaal is dat vroue fluktuasie in hul gemoed ervaar enkele dae voor menstruasie, kom die sielkundige simptome van ernstige depressie, angs en selfmoordgedagtes nie voor by PMS alleen nie.
Atipiese depressie
Mense met atipiese depressie as uitdaging, ervaar nie noodwendig die tipiese simptome van depressie nie. Hulle ervaar nie noodwendig voortdurende hartseer of hopeloosheid nie, maar hulle kan simptome van hipersomnie (te veel slaap), ooreet, prikkelbaarheid, ‘n swaarheid in die arms en bene, sensitiwiteit vir verwerping en verhoudingsprobleme ervaar.
Situasionele depressie (reaktiewe depressie)
Situasionele depressie, ook bekend as reaktiewe depressie of aanpassingsversteuring, is ‘n korttermyn, stresverwante tipe depressie. Dit kan ontwikkel nadat ‘n persoon ‘n traumatiese gebeurtenis of ‘n reeks veranderinge in hul alledaagse lewe ervaar het.
Alledaagse traumatiese ervarings, soos egskeiding, aftrede, verlies van ‘n vriend of geliefdes, verhuising, nuwe werksomstandighede, siekte en verhoudingsprobleme, kan situasionele depressie veroorsaak. Situasionele depressie kan ook as ‘n tipe aanpassingsversteuring gesien word.
Hierdie tipe depressie is gewoonlik ‘n korttermynepisode en sal afneem sodra die stressor verminder of wegaan.
Ontwrigtende gemoedsdisregulasie versteuring (OGDV)
OGDV as ‘n soort depressiewe versteuring wat hoofsaaklik gediagnoseer word by kinders wat sukkel om hul buie en emosies op ‘n ouderdomstoepaslike manier te reguleer. Kinders met OGDV toon gereelde woede-uitbarstings in reaksie op frustrasie, hetsy verbaal of gedragsgewys. Tussen uitbarstings ervaar hulle chroniese, voordturende prikkelbaarheid.
Is depressie ʼn siekte?
Daar word dikwels na depressie verwys as die siekte van ons tyd.
Eerstens: depressie is nie ʼn siekte nie. Mense is nie depressief as gevolg van genetiese faktore, omstandighede, ander mense, geskiedenis ens. nie.
Jy kan nooit depressief wees nie. Jy kan net jou depressie doen deur die keuses wat jy maak. Jy kan letterlik besluit of jy ʼn slagoffer gaan wees en of jy ʼn vernuftige oorwinnaar gaan wees.
Die eerste stap in die oorkoming van depressie, is om te besef dat jy nie ʼn slagoffer is nie, maar dat jy kwaad is en dat jy die reg het om kwaad te wees en om te reageer op jou woede.
Behandeling
Depressie is een van die mees behandelbare versteurings. Tussen 80 en 90% van alle mense wie depressie doen, reageer positief op behandeling en feitlik alle depressiewe mense wie behandeling ontvang kry ten minste ʼn mate van verligting van hulle simptome
Baie mense dink depressie sal weggaan as die lyer net ʼn poging aanwend om positief te dink of om uit te gaan en hulself te geniet. Hierdie gebrek aan begrip kan op sigself die depressiewe persoon net nog meer depressief en ook geïsoleerd laat voel. Dit beteken verder dat mense met depressie dikwels terughoudend is om hulle vriende en kollegas van hulle kondisie te vertel.
Hipnose is ʼn uitstekende manier om jou woede uit te lug en jouself weer te herbemagtig deur jouself toe te laat om jou onderdrukte woede te ervaar en om daarop te reageer – letterlik om jou woede weer entoesiasme te gee. Om jou weer in beheer te plaas. Na die uiting en aanvaarding van jou woede, sal vergifnis makliker en spontaan ontstaan.
Tel die getalle bymekaar by die items wat jy gemark het.
- Jou telling sal iewers tussen 0 – 60 val.
- ‘n Telling tussen 0 – 9 beteken day jy op hierdie oomblik nie depressief voel nie.
- ‘n Telling tussen 10 – 15 beteken day jy op die oomblik matig depressief voel.
- ‘n Telling bo 24 beteken day jy op die oomblik baie depressief voel.
- ‘n Hoë telling beteken nie noodwendig dat ‘n diagnose van depressie gemaak kan word nie.
- Sommige mense behaal hoë tellings, maar voel glad nie depressief nie.
- Ander mense behaal weer lae tellings, maar voel nogtans depressief.
- Hierdie vralys gee slegs ‘n aanduiding van jou depressie vlak op die huidige oomblik.
- Jy Kan die vraelys elke week herhaal. As jou telling aanhoudend elke week bo 24 bly, beteken dit dat jy moontlik wel aan depressie mag ly.