typewriter with blossom flowers on desk

Wat ons kliënte oor
ons sê

retro writing materials on desk with flowers

Terugvoer wat ons ontvang het

vintage books and feather ink pen

Kommentaar en waarderings

Waarderings

~ Waarderings word verbatim geplaas ~

png testimonial quotation marks

“Jy is “een hel van ‘n terapeut”, om dit ligtelik te stel. Jy is in my opinie ook ‘n leermeester, iemand wat passievol is in wat hul doen – anders as ander wat jammerlik net daar is om hulle kliënte te melk.”

Lee
png testimonial quotation marks

“Ek is so dankbaar dat ek ‘n plekkie by jou kon kry en dat jy my so mooi gehelp het. Ek quote altyd my ma se woorde- Jorgan is die beste belegging wat jy ooit vir jouself kan maak. Dit is werklik so.”

Anoniem
png testimonial quotation marks

“In die 30 jaar wat verby is sedert ons saam studente was, het ek die voorreg gehad om jou beter te leer ken as ‘n vriend, ‘n kollega, ‘n psych, ‘n digter, ‘n inspirasie. Maar meer as dit het ek die wonderlike voorreg gehad om jou te leer ken as Jorgan, ‘n méns, binne ‘n mens !!! Jou voetspore in die lewens van ons wie se voetspore joune raakgeloop het, is diep en duidelik en mooi.”

Elmari
png testimonial quotation marks

Daar is baie wat die krediet wil neem vir my progressie maar eintlik was jy die grootste dryfkrag daar agter”

Anoniem
png testimonial quotation marks

“Ek het jou boek oor verslanking BAIE geniet. Ek dink jy is uitmuntend briljant!”

Ria
png testimonial quotation marks

“Ek wil net sê baie baie dankie vir die fantastiese werk wat Jorgan doen.”

Colinda
png testimonial quotation marks

“Jy is n man met groot impak op mense om jou, ek hoor jou naam oral waar ek gaan, dankie vir wat jy vir die samelewing doen…dankie wat jy vir my gedoen het.”

Oscar
png testimonial quotation marks

“Werk BWRT? Ja!”

Stoffel
png testimonial quotation marks

“In die verlede sou insidente my ontstel en emosioneel laat, maar ek ervaar dat ek my man kan staan sonder om skuldig te voel. Ander mense se kommentaar en kritiek ontstel my nie meer nie. Ek voel self versekerd en is nie bang om te waag en my opinie uit te spreek nie. Ek is nie verwaand nie en ook nie self geldend nie. Net ‘n goeie produk soos wat ek altyd wou wees.”

Suzanne
png testimonial quotation marks

“Ek weet nie of dit deel van die hipnose was nie, maar iets het definitief verander. Ek voel dit nie meer nodig om iemand se goedkeuring te verkry nie. Ek is tevrede met my eie resultate.”

Madeleine
png testimonial quotation marks

“Baie baie dankie vir die verskil wat jy gemaak het. Jy het die een domino laat val wat so nodig was vir die ander om ook te val. Dit voel regtig of my brein die oop paadjie gevind het.”

Linda
png testimonial quotation marks

“Baie dankie vir die positiewe invloed in mense se lewens.”

Melanie
png testimonial quotation marks

“Vir die eerste maal is daardie besitlike wantroue waanweg. Weg WEG WEG. Dankie Here. Hoop ek druk dit reg uit. Dankie vir jou wonderlike begrip en ondersteuning.”

Pierre
png testimonial quotation marks

“Vandag het ek geleer dat die lewe alles gaan oor die “HIER en NOU”. Gister is verby, en môre mag nooit kom nie, maar vandag is hier! Elke sekonde tel! Omhels elke oomblik wat na jou kant toe kom. Maar meer as dit alles, stop om te analiseer en om te oordink. Bly net beweeg.Lewe eerder jou beste lewe ooit. Dankie vir jou, JH, jy het my absoluut gehelp om my lewe te verander met jou absolute Godgegewe talent. Dankie JH, you rock!”

Deidre
png testimonial quotation marks

“Jou werk verander my lewe.”

Tjaart
png testimonial quotation marks

“Dankie dat jy soveel omgee. Jy is en sal altyd vir my kosbaar bly.”

Mariaan
png testimonial quotation marks

“Ek het soveel wonderlike dinge van jou gehoor van ‘n paar van jou kliënte. Ek is ‘n meestersgraad student in Kliniese Sielkunde en wil graag my Meestersgraad doen oor jou werk, asseblief.”

Melissa
png testimonial quotation marks

“Sê asseblief dankie vir Jorgan vir sy onvergeetbare dienste. Ek sal hom vir enigiemand aanbeveel.”

Janine
png testimonial quotation marks

“Weereens groot groot dankie dat jy my gehelp het om lewe terug te kry. Ek voel regtig baie gelukkig en rustig. Niks maar niks pla my nie.”

Frik
Scroll to Top