Hipnose as ‘n aanvullende behandeling vir die Corona virus (Covid-19)
1. Inleiding
Hierdie artikel is nie bedoel om ‘n alternatief vir huidige maatreëls teen die Corona virus te bied nie. Hoewel die outeurs van hierdie artikel krities staan teenoor die voorkomingsmaatreëls wat getref is, word dit steeds ondersteun, maar daar word ook gekyk na verdere maatreëls om die pandemie te beveg. Die doelwit van hierdie artikel is om ook te fokus op sielkunde agter hierdie virus en om ook sielkundige metodes te gebruik om ‘n dreigende ramp te oorkom. Kliniese hipnose blyk ‘n bruikbare en kragtige instrument wees om die Corona virus te vermy, te oorkom en te genees indien daar ‘n besmetting is.
Pieter en Jorgan Harris is pa en seun, beide sielkundiges wat op verskeie gebiede saamwerk en ook saamwerk om ‘n alternatief te bied op die bestryding van die effek van die virus.
Daar word gefokus op die krag van die onderbewuste. Tydens terapie word daar sterk gefokus op die krag van die onderbewuste om die virus die hoof te bied, die immuunstelsel te versterk, onnodige angs (wat die immuunstelsel verswak) te oorkom, die interne genesingsmeganismes van die liggaam te versterk, gedrag te verander wat mense siek kan maak en om die liggaam in goeie gesondheid te hou.
2. Huidige situasie
Die outeurs stem saam met die maatreëls wat die regering getref het om hierdie virus die hoof te bied, maar voel dat daar heelwat tekortkominge is, en wil graag aanvullende oplossings aanbied.
Die huidige maatreëls en hulle tekortkominge:
Bymekaarkomste van meer as ‘n honderd mense wat verbied word
Gaan die verskil tussen 99 en honderd mense met ‘n byeenkoms regtig ‘n verskil maak?
Die dra van gesigsmaskers
Die virus word oorgedra deur aanraking aan die neus, mond en oë. Gesigsmaskers bedek egter nie die oë nie.
Gereelde was en ontsmetting van hande
Hierdie stelling word sterk ondersteun deur die outeurs, maar hoe lewensvatbaar is dit? Aanraking en uitruiling tussen mense kan nie vermy word nie. Daar is soveel verwysings van die virus wat vir verskillende tydperke op verskillende oppervlaktes agter bly.
As al die inwoners van Gauteng hoeveel keer op ‘n dag hulle hande was, blykbaar moet daar vir 20 sekondes elke keer gewas word, met die damvlakke soos wat dit is met die winter wat ophande is, gaan dit ‘n nuwe krisis van waterskaarste ontlok.
Bly ‘n meter of twee weg van iemand anders
Ons leef in die 21e eeu. Wie in vandag se tyd nies of hoes nog in mekaar se gesigte?
Geen verkope van drank na 18:00 nie
Dit is waar dat drank mense meer vrypostig maak om reëls te oortree en onverantwoordelik te raak. Hierdie maatreëls fokus eerder op die simptome as die oorsake.
Moenie aan jou gesig raak met jou hande nie
Dit is juis die grootste ironie. Jy kan die virus nie van iemand anders aansteek nie, behalwe as iemand binne ‘n meter of twee van jou nies of hoes, wat mense in ‘n moderne samelewing in elk geval nie doen nie.
Studies wys ons daarop dat mense aan hulle gesigte raak, tot soveel as 16 tot 23 keer per uur. Elke keer as jy jou gesig raak, is daar die potensiaal vir bakterieë en virusse om oorgedra te word na die areas rondom jou oë, neus en mond, waar dit infeksie kan veroorsaak en vir jou ‘n siekte mee kan bring.
Om aan jou gesig te raak, is grootliks onbewustelike gedrag.
3. Die bene van hipnotiese behandeling van die Corona virus
Daar moet dus alternatiewe behandeling wees. Dit is juis wat ons hier wil ondersoek. Daar is beperkinge in die huidige model en die outeurs wil help om jouself verder te beskerm.
Ons wil die volgende aanbied:
Versterk jou immuunsisteem
Die president van die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) het gesê: “’n swak immuunstelsel behels die onvermoë om infeksies te beveg, wat beteken dat die liggaam se vermoë om teenliggaampies te ontwikkel minder as die ideaal is sodat jy nie organismes wat jou skade berokken, kan beveg nie. As jy chroniese siektes het, is jou weerstand vir infeksie laag.
Daarom is dit noodsaaklik dat ‘n gesonde leefstyl te handhaaf met gesond eet, goeie lewensstyl en oefening.
Meer as 80% van die gevalle van Corona besmetting is matig en daardie mense herstel maklik. Slegs ongeveer 3% van gevalle is noodlottig. Die noodlottige gevalle kom voor by mense met ‘n swak immuunstelsel.
Kliniese hipnose is bewys as ‘n effektiewe manier om die liggaam te help om gesond te lewe en ook om die immuunstelsel te versterk. Jorgan het in 2005 tydens ‘n internasionale kongres ‘n referaat aangebied oor die krag van die onderbewuste om die immuunstelsel te versterk ten einde die liggaam instaat te stel om siektes te beveg.
Die immuunstelsel word egter ook verswak deur angs. Die behandeling van angs is die tweede been van hierdie benadering.
Die behandeling van angs
Kliniese hipnose met ‘n kombinasie van Kognitiewe Gedragsterapie (CBT) is deur die jare gevestig as waarskynlik die mees effektiewe terapie in die behandeling van angs.
Angs is een van die mees belangrike oorsake vir die verswakking van die immuunsisteem.
Heelwat mense argumenteer dat die reaksie op die Corona-virus dalk ‘n oorreaksie is. Dit is in ‘n mate waar. Slegs 3% van die Corona gevalle is fataal. Die res van die mense genees. Dit is nie nodig om paniekerig te raak oor hierdie virus nie. Siektes soos tuberkulose en MIV het ‘n veel hoër mortaliteitsrekord.
Weer eens onderskat die outeurs nie die erns hiervan nie, en ondersteun die regering se voorsorgmaatreëls.
Die probleem is egter dat al hierdie maatreëls angs veroorsaak, en dus die immuunstelsel verder verswak, en mense meer kwesbaar maak om die virus op te doen.
Die behandeling van angs is ‘n belangrike komponent vir die bestryding van die Corona-virus.
Skrywers bly ook egter realisties en erken die feit dat dit belangrik is om dit te vermy om aan jou gesig te raak. Dit bring ons by die derde been van behandeling.
Vermyding van die aanraak van jou gesig
“Moenie aan jou gesig raak nie”. Dit is so goed soos om vir jou te sê om nie aan ‘n olifant te dink nie. Hoe harder jy probeer om nie aan ‘n olifant te dink nie, hoe meer sal jy aan ‘n olifant dink, en hoe meer sal jy aan jou gesig wil raak.
Streng gesproke, kan jy die virus nie aansteek nie. Jy kan slegs jouself aansteek deur aan jou mond, neus en oë aan te raak.
Dit is ‘n belangrike aanslag op ons benadering tot die Corona virus: jy en jy alleen is in beheer van jou lewe, en ook hierdie virus. Jy kan jou hande was, maskers dra, byeenkomste vermy – jy kan ontsmet en sneesdoekies in ‘n verseëlde asblik gooi ensomeer. Dis wanneer jy en jy alleen aan jou gesig vat.
Hipnoterapeute het reeds begin om tegnieke te ontwikkel om jou te help om aanraking van jou gesig te vermy. Ons as outeurs bou voort op hierdie navorsing en gebruik dit en nuwe metodes om jou te help hiermee.
Dit lei ons tot die vierde en laaste been van ons benadering.
Hou jou liggaam gesond
Met hipnose wil ons hier jou help om jou liggaam en gees sterk en gesond te hou. Die Corona-virus sal kom en gaan. Soos alles kom en gaan. Daar mag ander epidemies kom en gaan. Jou liggaam kan egter weerbaar bly.
4. Die proses
Daar word so dikwels gevra hoe so ‘n ooglopend klein probleem die die hele wêreld so op hol kan jaag? Tuberkulose of HIV en selfs griep is erger. Meer mense word daardeur geraak as die Corona virus.
Ons proses om hierdie ramp af te weer as ‘n bykomende maatreël tot dit wat in plek gestel is, is die volgende.
Ons gebruik hipnose om:
- jou te help om jou immuunstelsel te versterk
- jou angs te verminder
- om jou in beheer van jou lewe te plaas deur as ‘n voorbeeld nie aan jou gesig te raak nie, en
- om op ‘n alternatiewe manier mooi na jou liggaam om te sien.
5. Ten slotte
Alles is van verbygaande aard. Die grootste rampe wat die mensdom ooit getref het, het verby gegaan. Daar was al groter rampe en dit het ook verby gegaan. Ons het oorleef en sal ook hierdie krisis ooleef.
Dalk is dit net ‘n swart swaan. ‘n Swart swaan is ‘n onvoorspelbare gebeurtenis wat ver verby die grense van normaliteit strek as wat normaalweg van ‘n gebeurtenis verwag word, maar het potensieël ernstige gevolge, meer in ons kop as enigiets anders. Swart swane is baie skaars, maar hulle impak is geweldig. Hulle verdwyn so vining as wat hulle verskyn het.
Vir nou verg dit net geduld en ongemak.