© Jorgan Harris

 

 

  1. Om mee te begin

Elke minuut van elke dag is jou liggaam besig om te reageer – dit verander letterlik in reaksie op die gedagtes wat deur jou gedagtes gaan.

Dit is oor en oor bewys dat wanneer jy bloot aan iets dink jou brein neuro-oordragstowwe (chemiese boodskappers) vrystel om met dele van jou brein self en ook met jou senuweestelsel te kommunikeer.  Neuro-oordragstowwe beheer letterlik al die funksies van jou liggaam – al is dit vanaf hormone tot spysvertering of selfs gevoelens van geluk, hartseer of spanning

Studies het getoon dat gedagtes, en gedagtes alleen, jou sig, fiksheid en fisiese krag kan verbeter.  Ons praat van die sogenaamde placebo effek. Die placebo effek beteken dat mense soms so hard aan iets glo dat dit waaraan hulle glo vir hulle ‘n realiteit word.  Daar is al studies gedoen waar mense ‘n suikerpil gegee is, maar vertel is dat dit ‘n anti-depressant is. As gevolg van die mens se kragtige denke, vertroue en geloof in die ‘suiker-pil het hul depressie verbeter. Verwagtinge en aangeleerde assosiasies het getoon dat die brein chemies verander en dat selfs mense se chemie en denke kan verander soos om minder moeg te voel, ‘n laer immuun reaksie, verhoogde hormoonvlakke en verminderde angs.

In haar artikel “The Intention Experiment: using  your thoughts to change your life and the world”, skryf Lynne McTaggart:

“’n Groot navorsingstudie wat die aard van bewustheid ondersoek het, wat vir langer as dertig jaar geduur het in toonaangewende wetenskaplike instellings, het getoon dat gedagtes enigiets van die eenvoudigste masjiene tot die mees kompekse wesens op aarde kan beïnvloed. Hierdie bewyse suggereer dat menslike gedagtes en intensies inderdaad ‘n fisiese “iets” is met ‘n merkwaardige krag om ons wêreld te verander.  Elke gedagte wat ons het is tasbare energie met die mag om te verander.  ‘n Gedagte is nie net ‘n ding nie – ‘n gedagte is ‘n ding wat ander dinge beïnvloed.”

 

  1. Jou gedagtes vorm jou brein

Elkeen van jou gedagtes veroorsaak ‘n neurochemiese verandering – soms tydelik en soms blywend. Wanneer mense, as ‘n voorbeeld, bewustelik ‘n dankbaarheidslewe lei is daar ‘n vloed van goeie neuro-oordragstowwe, soos dopamine wat ‘n goeie gevoel sowel as ‘n helderheid van jou brein skep wat heel waarskynlik korreleer met een of meer van jou brein se neurochemiese norepinefrien.

Daar is in ‘n studie getoon dat wanneer verliefde studente foto’s van hul geliefdes gewys word, hul brein meer aktiwiteit in hul koudaatnukleus getoon het.  Die koudaatnukleus is die beloningsentrum in die brein wat verliefdes in verliefdheid laat swymel.  Sodra hulle ophou kyk na die foto’s het hul beloningsentrum weer passief geraak.

Dit wat deur jou gedagtes vloei verander jou brein op ‘n permanente basis.  Dink aan jou brein as ‘n beweging van inligting dwarsdeur jou senuweestelsel.  Daar is die hele tyd elektriese seine wat herwaarts en derwaarts beweeg.  Dit gebeur alles net onder die oppervlakte van dit waarvan jy bewus is, dit wil sê op die vlak van jou onderbewuste.  Wanneer ‘n gedagte deur jou brein gaan, sneller jou neurone die inligting op so ‘n manier dat die vorm van jou brein letterlik verander.

Die besige dele van jou brein vorm nuwe kontakpunte met mekaar en die bestaande sinapse (die verbindings tussen neurone) word sterker en die toenemende sensitiwiteit begin om nuwe reseptore te skep.  Sodoende word nuwe reseptore gevorm.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is die Londense taxi bestuurders.  Hierdie studie het getoon dat hoe langer taxi-bestuurders bestuur het, hoe groter het hul hippokampus geword.  Die hippokampus is daardie deel van die brein wat die visuele-ruimtelike geheue vorm.

Hulle brein het letterlik vergroot om die kognitiewe vereistes van al die deurmekaar strate van Londen die hoof te bied. Hierdie navorsing het ook die eindelose voordele van meditasie uitgelig, naamlik dat dit die grys-materiaal in jou brein verander om die konnektiwiteit van die verskillende areas in jou brein te versterk.  Hierdie navorsing het ook die uitstaande voordeel van meditasie uitgelig, soos om jou brein letterlik te verander soos wat ons dit hier bespreek.

 

  1. Jou gedagtes programmer jou selle

‘n Gedagte is letterlik ‘n elektro-chemiese gebeurtenis wat in jou senuweeselle plaasvind as ‘n neerstorting van fisiologiese veranderinge.  Die gedeelte hieronder beskryf hoe jou gedagtes jou selle programmeer.

“Daar is derduisende reseptore in elke sel in jou liggaam. Elke reseptor kan direk verbind word tot een peptied, of proteïne.  Wanneer ons gevoelens ervaar van woede, hartseer, skuldgevoelens, geluk of senuweeagtigheid, stel elke emosie sy eie vlaag van neuropeptiedes vry.

Hierdie peptiedes beweeg deur jou liggaam en maak kontak met daardie reseptore wat die struktuur van elke sel as ‘n geheel verander.  Wat dit meer interessant maak is dat hierdie selle inderwaarheid verdeel. Sodra ‘n sel meer blootgestel word aan ‘n sekere peptiede as aan ander, sal die nuut gevormde sel meer reseptore bevat wat by daardie spesifieke reseptor pas.  Netso sal daardie sel minder reseptore vir peptiedes hê as sy suster- of moedersel.

Dit beteken dat wanneer jy jou selle bombardeer met peptiedes van negatiewe gedagtes, programmeer jy jou selle om meer van daardie negatiewe peptiedes in die toekoms te ontvang. Wat selfs slegter is, is dat jy die aantal reseptore van positiewe peptiedes in daardie sel verminder en sodoende jouself meer neig tot negatiwiteit. Jy kan meer hieroor lees in my artikel oor Sielvolheid op hierdie webtuiste onder Terapie.

Elke sel in jou liggaam word ongeveer elke twee maande in jou liggaam vervang.  Die goeie nuus is dus dat jy jou pessimistiese selle kan herprogrammeer om meer optimisties te wees. Deur postiewe denk-praktyke te aanvaar soos sielvolheid en dankbaarheid vir permanente resultate.

 

  1. Jou gedagtes aktiveer jou gene

Jy praat letterlik met jou gene met elke gedagte wat jy het.  Die vinning-groeiende veld van epigenetika bewys dat jy die produk is van dit wat in jou lewe en omgewing gebeur wat weer ‘n verandering teweeg bring in hoe jou gene funksioneer. Gene word inderwaarheid aan- en afgeskakel na gelang van jou lewens-ervaringe.  Jou gene en leefstyl vorm inderdaad ‘n terugvoer siklus. Jou lewe verander nie die gene waarmee jy gebore is nie. Wat wél verander is jou genetiese aktiwiteit wat beteken dat honderde proteïne, ensieme en ander chemikalieë jou selle reguleer.

Ons dink dat slegs vyf present van ons selmutasies die direkte gevolg van ons gesondheid direkte gevolg van ons gesondheid is.  Dit beteken dat 95% van ons genetiese invloede beïnvloed is deur lewensfaktore.

Natuurlik is baie van hierdie faktore buite ons beheer, soos probleme van kindertyd, maar baie van hierdie kwessies is inderdaad binne ons beheer, soos ons eetgewoontes, oefening, spanningshantering en ons emosies.  Die laaste twee fakore is die direkte gevolge van ons gedagtes.

Jou biologie bepaal beslis nie jou bestemming nie.  Jy word nie beheer deur jou gene of jou biologiese samestelling nie.  Jou genetiese aktiwiteit word grootliks bepaal deur jou gedagtes, houding en perspepsies.  Epigenetika bewys dat jou persepsies en gedagtes inderdaad jou biologie beheer, wat jou in beheer van jouself plaas.  Deur jou gedagtes te verander kan jy jou eie genetika verander!

Jy het dus die keuse om te bepaal watter insette jou gene ontvang. Hoe meer positief die insette hoe meer positief sal die uitsette van jou gene wees.  Epigenetika beteken dat jou leefstylkeuses direk terug herlei kan word na jou genetiese vlak en dit bewys dat die verstand-liggaam verbinding taslik bewysbaar is. Terselftertyd bewys navorsing in epigenetika aan ons dat dit belangrik is om mooi na ons sielkundige gesondheid om te sien, aangesien dit ‘n direkte impak op ons fisiese gesondheid het.

Meditasie en sielvolheid (mindfulness) plaas jou in kontak met die bron van jou liggaam-verstand stelsel, wat op sy beurt jou gedagtes direkte toegang gee tot die voordelige genetiese aktiwiteit.  Hierdie aktiwiteite het verder ‘n effek op hoe goed jou selle funksioneer deur jou genetiese aktiwiteite binne jou selle?

 

  1. Gebruik jou gedagtes vir jouself

Jy het soveel mag in jouself, soveel meer as wat jy ooit geglo het, om jou fisiese-  en verstandelike realiteite te beïnvloed.  Jou gedagtes word bepaal deur jou liggaam – selfs sover as jou genetiese vlakke.  Hoe meer jy jou gewoontes verander, hoe meer positiewe antwoorde sal jy van jou liggaam ontvang. Jy het geen beheer oor wat met jou gebeur het in die verlede nie. Daardie gebeure het reeds jou brein verander wat op sy beurt jou selle verander het.

Deur jou perspektief te verander kan jou gedrag verander wat sodoende aanleiding kan gee dat jou brein, selle en gene verander.