Paddas word weer prinse – positiewe sielkunde

© Jorgan Harris. jorganharris.co.za

1. Inleiding

In hierdie praktyk word daar sterk weg beweeg van die idee van patologie. Ons vra nie meer wat verkeerd met die mens is nie. Ons analiseer nie meer mense nie. Ons vra wat reg is in die mens en wat sy of haar hulpbronne en sterkpunte is om ʼn probleem te oorwin. Ons glo dat elke mens uniek en volmaak geskape is, met  al die hulpbronne het om suksesvol te wees. Daar bestaan nie iets soos geestesversteurings nie – net gesonde mense wat ʼn probleem het. Ons wil daardie probleem behandel as bloot ʼn groeigeleentheid.

Jy kan jouself dus as ʼn padda sien, of ʼn potensiële prins wat nie eens nodig het om deur een of ander prinses gesoen te word om ʼn prins te wees nie. Jy hoef net daardie prins in jouself te ontdek.

2. ʼn Patologie-model

Die sielkunde het nog altyd probeer om die mens in ʼn boksie te plaas, want deur iemand te diagnoseer plaas jy hom in ʼn boksie. Sedert 1952 tot vandag is pogings aangewend om mense te diagnoseer en in versteurings kategorieë te plaas. Sedert 1952 poog die diagnose handboek (tans die DSM 5) om mense in boksies te plaas.  Hierdie ‘boksies’ word konstant verander en aangepas om die kompleksiteit van menswees te probeer klassifiseer.

Hierdie diagnoses raak al hoe meer en ook meer kompleks. Skielik is daar nuwe boksies en nuwe diagnoses. Oues val weg. Dalk het dit tyd geword dat ons van hierdie versteuring weg beweeg. Daar word nie vir ons vertel waarheen ons moet beweeg nie. Die afwesigheid van depressie is nie dieselfde as die teenwoordigheid van geluk, positiewe emosies en betekenis in die lewe nie.

In plaas daarvan om iemand te etiketteer met byvoorbeeld depressie, ʼn monster, ʼn moordenaar, of wat ookal en dit as sodanig te behandel, kan ons eerder die positiewe kwaliteite wat daar “onder die maatemmer” begrawe is, gaan uitgrawe en dit tot ons voordeel gebruik. Wanneer jy aan die positiewes in jou lewe bou, sal die negatiewes vanself verdwyn.

Die fokus hoort dus nie te wees op wat verkeerd met die mens is nie, maar eerder op dit wat reg is met die mens. Dit gebeur ook wanneer daar vrae gevra word oor wat die positiewe intensie agter gedrag was, eerder as om die gedrag self te beoordeel. Dit vra dalk van ons om nie te oordeel nie, maar om te vra wat die intensie van mense is.

3. ʼn Positiewe model

In die positiewe sielkunde wil ons weg beweeg van die patologie-model. Ons wil nie fokus op depressie, angs en alle ander geestesversteurings nie. Ons wil fokus op die hulpbronne en talente wat jy het as goed-geskape mens.

Om depressie te bestry beteken nie dat die afwesigheid van depressie ʼn gevoel van geluk, positiewe emosies en betekenis in jou lewe gaan skep nie.

Ons wil in die hier-en-nou, sielvol, met al ons sintuie fokus op dit wat ons het.

4. Kernkomponente van positiewe sielkunde

Dankbaarheid:

Dit is soveel makliker om te fokus op dit wat ons nie het nie.

Die Tibetane het ʼn stelling wat soos volg lui: “the moment when we are content, we have enough”. Ons gaan nie “content”  wees wanneer ons genoeg het nie. Ons sal genoeg hê wanneer ons “content” is.

Dit is wanneer jy sielvol bewus word van die klein dingetjies rondom jou. Dis wanneer jy jou vyf sintuie gebruik om alles wat jy om jou het te waardeer. Dit is kosbare oomblikke.

Dankbaarheid is wanneer jy weg van jouself af fokus en fokus op die oomblik en dit wat om jou aan die gang is.

Miskien kan jy ʼn verskil maak in iemand anders se lewe met ʼn onverwagse daad van onbaatsugtigheid. Wie weet?

Volg gerus hierdie skakel: https://www.youtube.com/watch?v=QYcXTlGLUgE

Sielvolle meditasie:

Daar word nie elke dag van jou verwag of fisies stil te sit en te mediteer nie. Dat jy in ʼn mandala-posisie moet sit en allerhande rympies moet opsê of vreemde deuntjies moet neurie nie.

Meditasie gaan daaroor om elke oomblik, waar jy ookal is en wat jy ookal doen, bewus te wees van waar jy is, wat jy doen, wat jy voel, waarmee jy ookal besig is met al vyf jou sintuie. Dit gaan daaroor om jou kos, wyn, tuin, jou omgewing op pad werk toe of watookal sielvol en in die oomblik van die hier-en-nou te geniet.

Jy kan van tyd tot tyd net stil raak, niks doen nie. Jy kan bloot net asem haal, ontspan en bewus raak van wat  jy ookal met jou vyf sintuie ervaar, beleef. Dit is sielvolle meditasie genoeg.

Geleerde optimisme:

Jy kan leer om meer optimisties te wees. Jy is nie ʼn slagoffer nie. Jy is nie ʼn slag-offer van jou gene, opvoeding of van die ervaringe van jou lewe nie.

Jou probleem is ook nie in hoe jy groot geword het nie. Jy het dalk geleer dat jy ʼn slagoffer is. Maar jy is nie. As kind kon jy dalk ʼn slagoffer gewees het, maar vandag is jy net soveel ouer en wyser as gevolg van die hulpbronne wat jy uit jou lewens-ervarings en kennis wat jy as volwassene mens opgedoen het. wat jy verwerf het in jou lewens ervarings en kennis wat jy as ʼn volwasse mens opgedoen het as ʼn volwasse mens.

So ook is jy nie ʼn slagoffer van die gebeure in jou lewe nie. Daar is dinge wat gebeur het en jy het in die hier en nou die keuse om te voel soos ʼn slagoffer of om soos ʼn oorwinnaar te voel.

Jy kan kies om ʼn selfvervullende professie, wat daardie denke herversterk, te volg. Dit is jou keuse om negatief te bly dink en om die patroon van jou negatiewe denke te bly herversterk.

Dit is jou keuse of jy deur die ‘vrees persoon’ beheer gaan word.

Dis jou keuse om ʼn prins te wees… of om ʼn padda te bly.