Clinical Psychologist


“Jy is geskape met alles
wat jy nodig het om suksesvol te wees”

~ NLP voorveronderstelling ~

“Gestalt gebed:

Ek is nie in hierdie wêreld om aan jou verwagtinge te voldoen nie,
en jy is nie in hierdie wêreld om aan myne te voldoen nie.
Jy is jy, en ek is ek, en as ons mekaar toevallig vind, is dit pragtig.
Indien nie, kan dit nie verhelp word nie.
~ Fritz Perls (verbatim) ~

Created Banner

"Om te dink is moelik
dit is waarom mense oordeel”

C. Gustaf Jung

Alternatiewe, moderne, korter-termyn kragtige psigoterapie

Hierdie praktyk fokus op alternatiewe, moderne, kort-termyn en kragtige psigoterapie vir die moderne mens wat nie noodwendig die tyd of geld het om betrokke te raak in ‘n langtermyn proses van tradisionele psigoterapie nie.

Die doel van hierdie praktyk is om so vinnig en kragtig moontlik praktiese en werkbare oplossings te vind vir jou uitdaging. Hier word daar gebruik gemaak van die jongste, effektiefste en mees gevorderde menslike tegnologie. Sodoende word ‘n probleem doeltreffend en steeds binne die raamwerk van professsionaliteit, etiese kode, vertroulikheid en die beskerming van ‘n professionele liggaam opgelos.

Ek is ‘n kliniese sielkundige en alhoewel daar spasie vir tradisionele psigo-analise is, maak ek graag gebruik van meer moderne sisteme vir beter en vinniger resultate.

Ek spesialiseer in die volgende velde/terapeutiese tegnieke:

Sommige mense wonder of dit nie dalk net ‘n quick fix is nie. Sielkunde is ‘n jong, dinamiese en vinnig-ontwikkelende wetenskap wat letterlik elke dag vinniger, beter en kragtiger maniere ontdek om permanente verandering teweeg te bring. Indien jy steeds glo dat ‘n ossewa die beste manier is om van die Kaap tot in Johannesburg te reis, mag vliegtuig-tegnologie ‘n quick fix wees. Met ‘n vliegtuig gaan jy beslis nie die landskap ontdek nie, maar jy gaan gouer in Johannesburg aankom om te doen wat jy nodig het om te doen in die tyd wat jy tot jou beskikking het. Die vorm van reis bly egter altyd jou keuse.

‘n Bietjie meer oor myself:

Ek beskik oor ‘n Meestersgraad in Kliniese Sielkunde, asook ‘n Meestersgraad in Navorsing Sielkunde (cum laude).
Ek was van 1995 – 1999 ‘n lid van die Beroepsraad vir Sielkunde in die destydse Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad (SAGTR) – deesdae bekend as The Health Professions Council of South Africa (HPCSA).
Ek was ‘n deeltyds-tydelike dosent in filosofie en sielkunde aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus.
Voorts het ek die volgende kwalifikasies verwerf:
• Meesters praktisyn van Kliniese Hipnose in 1998;
• Praktisyn van EMDR (Eye Movement Desensitation and Reprocessing) in 1999;
• Meesters praktisyn van NLP (Neuro-linguistiese Programmering) in 2003;
• Meesters praktisyn van Energy Psychology in 2005;
• Praktisyn van EMI (Eye Movement Integration) in 2006;
• Praktisyn van EcCT (Encounter centered Couples Therapy) in 2013;
• Meesters praktisyn van BWRT (BreinWerkende Rekursiewe Terapie) in 2015.
Ek het verskeie referate gelewer op Hipnose Kongresse in Suid-Afrika en internasionaal. Ek het in 2005 ‘n internasionale deurbraak gemaak in die hipnotiese behandeling van Scleroderma (‘n skaars vorm van Outo-Immuunsiektes).

Ek word gereeld in die media aangehaal en is die gepubliseerde outeur van drie boeke:

• “NLP – ontgin die briljantheid in jou” in 2011,
• “Dink slank, word slank” in 2013 en
• “Droom binne ‘n droom, 2020.

© Copyright - Jorgan Harris • Kliniese Sielkundige • MA (Klin Sielk) - PU vir CHO • Pr. No: 8636125 • PS Nr: 0056472