(BrainWorking Recursive Therapy)®

Vinnige neurologiese veranderinge vir vinniger mense in ‘n vinnigste wêreld

© Jorgan Harris.

1. Wat is BWRT?

Watookal jou probleem – dit is hoogs waarskynlik dat hierdie ongelooflike nuwe terapie jou kan help om jouself heeltemal hiervan te bevry. BWRT is ‘n deurdagte moderne metode wat sy oorsprong het in die jongste navorsing in die tegnologie van die brein en hoe jou breinpatrone jou welsyn raak. As jy dus weet presies hoe jy wil voel en wees, maar jy kan net nie daarby uitkom nie, is BWRT dalk net die manier om vinnig daarby uit te kom.

Dit maak nie saak hoe lank jou probleem al met jou saamkom of  hoeveel keer iets al met jou gebeur het nie, BWRT kan jou juis help om te kies hoe jy oor amper enige iets wil voel. Mense is nie veronderstel om probleme te hê nie, alhoewel dit ook waar is dat mense wel probleme het. BWRT beteken dat hulle nie langer daarmee hoef te sukkel nie en net oor dit kan kom.

BWRT is ‘n nuwe, rewolusionêre, hoogs effektiewe en grondverskuiwende terapie, sowel as ‘n dinamiese model van sielkunde wat perfek inpas in die huidige idees van neurowetenskap. Dit is een van die mees opwindende verwikkelinge in psigoterapie, aangesien die proses blitsvinnig en ongelooflik effektief is om verandering teweeg te bring in die minimum aantal sessies, sou jy dit sou vergelyk met ander terapieë. Die belangrikste van alles is dat BWRT heeltemal uniek is en dat dit ander metodes kombineer, met onvoorspelbare resultate.

BWRT is in 2011 ontwikkel deur Terence Watts (bygestaan deur sy vennoot in navorsing, Rafiq Lockhat). Dit werk vanuit die beginsel dat ons brein op gebeure reageer en besluite daarop gebasseer neem, voordat ons fisies daarvan bewus is. Jou brein is egter ongelooflik aanpasbaar en kan nuwe dinge op ‘n vinnige en effektiewe manier aanleer.

BWRT is heeltemal verskillend van enige vorm van konvensionele terapie, aangesien dit nie onnodige vrae vra nie. Dit doen ook nie “analise paralise” nie. Dit mors ook nie tyd nie. Ons werk met jou neurologie en ons verander jou neurologie met neuroweten-skap in ‘n vinnige, pynlose en effektiewe metodologie.

BWRT pas ook goed in by nuwe denke in die veld van die sielkunde. BWRT, net soos Sielvolheid (Mindfulness) en Positiewe Sielkunde, is geneig om weg te beweeg van die tradisionele, patologiese model van sielkunde waar daar gefokus word op wat verkeerd is met die mens. Dit fokus eerder op waar jy wil wees en nog nie uit kon kom nie.

2. Hoe werk BWRT?

Die beginsel hier is dat ons iets nuut leer deur dit oor en oor te oefen totdat dit vir ons tweede natuur word. BWRT gebruik dieselfde idee om nuwe dinge te leer op ‘n nuwe manier deur gebruik te maak van herhaling, kleedrepetisie en ‘n refleksie van sukses. Wanneer ons dit doen, word daar ‘n nuwe neurologiese paadjie in ons brein geskep. In Engels praat hulle van ‘n nuwe “neural pathway network”. Dit gaan alles daaroor om gedrag wat jy nie meer wil hê nie, te vervang met ‘n beter, aanvaarbare gedrag of optrede. BWRT gebruik ook jou eie kragtige verbeelding en denkprosesse om juis dit te bereik.

BWRT is uniek en geïnspireer deur die navorsing van die Nobel pryswenner, Benjamin Libet (in 1983). Sy navorsing het gewys dat daar ‘n meetbare wagperiode is (meer as ⅓ van ‘n sekonde) tussen die oomblik wanneer die brein reageer op enige stimulus en wanneer ons bewus raak van daardie aksie – met ander woorde, teen die tyd wat ons bewus raak van wat ons doen, is ons alreeds besig om dit te doen nog lank voor jou fisiese brein betrokke raak. Vreemd genoeg, is selfs die besluit wat jy neem om van gedagte te verander oor wat jy doen, reeds geneem voordat jy bewustelik bewus geraak het van daardie besluit. BWRT gee vir ons daardie geleentheid om in daardie spasie te werk tussen die begin van ‘n optrede en die bewustheid daarvan. Dit gee vir ons die geleentheid om negatiewe destruktiewe gedagtes uit te gooi asof hulle nooit daar was nie.

Onmiddellik wanneer terapie voltooi is, kan die kliënt nie meer enige negatiewe response teenoor die slegte gebeurtenis, wat verantwoordelik vir hulle simptome is, voel nie, ongeag hoe hard hulle probeer om dit te onthou nie.

Hierdie terapie is grootliks inhoud-vry. Die kliënt se eie denkprosesse word gebruik om ‘n verligting vir sy of haar simptome te bereik sonder dat die kliënt regtig hoef te sê presies wat dit is wat hom of haar pla. Daar word gebruik gemaak van ‘n streng protokol wat maksimum effektiwiteit en totale veiligheid verseker.

3. Spesifieke probleme wat met BWRT behandel kan word:

  • Enige vorm van trauma
  • Posttraumatiese stresversteuring
  • Seksuele misbruik
  • Self-esteem probleme
  • Verwerpingsprobleme
  • Probleme met vertroue
  • Om negatiewe emosies te laat gaan
  • Stres en angs
  • Paniek-aanvalle
  • Gewoontes, insluitende rook, dobbel, ooreet, drink, koop ens.
  • Vrese, insluitende die vrees vir mislukking
  • Probleme met self-vertroue
  • Fobies
  • OCD (Obsessief kompulsiewe versteuring)
  • Verhoudingsprobleme
  • Rou
  • Depressie
  • Skuldgevoelens

4. Voordele van BWRT

Dit is ‘n vinnige proses

Verby is die dae van maande en maande van terapie. Jy mag verbaas wees oor hoe vinnig BWRT positiewe gevoelens vir jou mag bring. Ongeag die oorsprong of die erns van die probleem, of vir hoe lank jy die probleem mag ervaar, die beginsel bly dieselfde. Al wat ons nodig het om te doen is om ons neurologie te verander. Dit alles gebeur in een of twee sessies, afhangende van die probleem.

Dit is ‘n private proses

Jy kan enige probleem aanspreek sonder dat jy nodig het om te sê wat die probleem is. Jy sal nie gevra word oor jou kindertyd, jou gesin, seks, verhoudings, jou verlede of enige iets wat jy graag privaat sou wou hou nie, behalwe as jy die behoefte het om daaroor te praat. Die enigste ding wat jou terapeut sal wil weet is oor wat jy graag sal wil doen, of wat jy graag sal wil ophou om te doen.

Dit is nie indringend nie

Al die werk word op ‘n bewustelike vlak gedoen, dus sal jy die hele tyd bewus wees van die proses. Ons gaan ook nie in die detail van die probleem in nie en daarom sal jy nie weer getraumatiseer word nie.

Dit fokus op die uitkoms

BWRT is nie regtig geïnteresseerd in waar jou probleem vandaan kom nie. Dit is meer gefokus op die uitkoms daarvan – waar wil jy wees.

Dit maak nie saak oor hoe lank terug dit gebeur het of hoe erg  dit was nie

Dit maak nie saak hoe traumaties die gebeurtenis was of vir hoe lank jy met daardie simptome sukkel nie. Die brein werk nie chronologies nie. Ons fokus op die effek wat hierdie gebeurtenis of gebeure op jou het in die hier en nou. Dit maak ook nie saak hoe ernstig ‘n insident of jou depressie, angs of watter simptome jy ookal mag hê, is nie. BWRT werk met die interpretasie van die probleem in die hier en nou. Die metodologie bly dieselfde.

Die resultate is blywend

Wanneer ‘n nuwe neurologiese paadjie (neural pathway) gevestig is, kan dit nie weer terugkeer na die ou neurologiese paadjies nie.

5. Wat gebeur tydens ‘n BWRT sessie?

Die beginsels van BWRT sal aanvanklik, in meer detail, aan jou verduidelik word. Jou brein is soos ‘n rekenaar. (Terloops, alle prototipes van rekenaars is ontwerp na die menslike brein). Die sagteware wat jou brein gebruik is jou herinneringe. Dis hierdie herinneringe wat vir jou probleme skep. Ons gaan letterlik hierdie ou sagteware vries en ons gaan nuwe, positiewe sagteware installeer.

Jy sal deur die proses gelei word met jou oë toe in ‘n totaal wakker toestand totdat jy jou verlangde toestand bereik het. Alhoewel jy volledig bewus is van alles wat aangaan, mag jy moontlik nie altyd verstaan wat jou terapeut doen nie.  Na ongeveer 15-20 minute gedurende die proses sal jy ‘n beduidende verligting van jou simptome ervaar wat permanent van aard is.

Jy sal in ‘n sessie gelei word om jou eie denke te volg – sonder dat jou terapeut eens nodig het om te weet wat daardie gedagtes is. Die proses is heeltemal logies, prakties en plat op die aarde. Al wat jy benodig om suksesvol te wees is om regtig  positiewe veranderinge in jou lewe te wil bring.

Dit word op ‘n baie spesiale manier gedoen om ‘n totale natuurlike verandering in jou teweeg te bring. ‘n Verandering wat van jouself af kom eerder as van dit wat jou terapeut aan jou voorstel.

Jy sal nie eens die komplekse teorie van neurowetenskap agter BWRT besef nie en dit word in die volgende afdeling bespreek.

6. Die neurowetenskap agter BWRT

(Opsioneel en slegs vir mense wie regtig die neurowetenskap agter BWRT wil verstaan)

Volgens konserwatiewe skattings is daar ongeveer ‘n minimum van 10 triljoen neurone (breinselletjies) in die menslike brein, wat reeds op sewejarige ouderdom byna volwasse is (feitlik dieselfde gewig en grootte as ‘n volwasse brein). Daarna is daar nie meer ‘n verdere groei van nog meer selle nie, maar ‘n ingewikkelde netwerk van komplekse en ingewikkelde verbindinge tussen verskillende selle vind nou verder plaas.

Daar is tot soveel as 10 triljoen tot 100 triljoen sulke ingewikkelde verbindinge.

Elke neuron (breinsel) kan vergelyk word met ‘n kragopwekker. Sommige neurone werk onafgebroke en onophoudelik aanmekaar, terwyl ander weer net met tussen-poses, sodra hulle boodskappe van ander neurone ontvang, werk. Elkeen van hierdie selle produseer ongeveer 20 miljoen milli-volt eenhede van krag per sel en inligting word gekodeer (volgens ‘n bepaalde kode) deur die voortdurende herhaling van impulse. Dit is hierdie elektrisiteit wat ons kan sien op ‘n E.E.G. (deur die toestel wat breingolwe registreer en op papier uitdruk in die vorm van ‘n grafiek).

Die neuron bestaan uit 3 dele:

  1. Die selletjie self wat ‘n kern bevat en die nukleus genoem word.
  2. Die dendriete, wat die takke vorm vir die “ontvanger draadjies” (vgl. ‘n telefoon-draad tussen 2 telefone) en boodskappe optel wat vanaf ander neurone afkomstig is.
  3. Die akson wat dan die “stuur-draadjies” genoem word en waarlangs die boodskap-pe gestuur word nadat dit deur die kern of nukleus geëvalueer is. Dit word dan weer deur die “ontvanger draadjies“ verder aangestuur.

Nerve-Cells-Afrikaans

Die stuur-draadjie (akson) van die een sel raak nie aan die ontvanger-draadjies (dendriet) van die ander selle nie. Daar is ‘n gaping tussenin en dit word die sinaps genoem. Die boodskap moet dus oor hierdie gaping “spring” om verder vorentoe aan te beweeg. Dan word die hele proses deur die daaropvolgende sel weer herhaal. Breinboodskappe kan hierdie “sprong” 500 tot 1000 keer per sekonde uitvoer, maar die gemiddelde spoed is ongeveer 100 keer per sekonde.

Daar is in werklikheid geen verbinding tussen twee neurone nie en daar is ook nie ‘n elektriese stroom tussen hulle nie. Die boodskappe wat deur die stuur-draad gestuur word beland in klein protein blasies wat “boutons” (Frans vir knoppies of knopies) genoem word, omdat die blasies soos knoppies of knopies lyk. Die werklike oordrag van boodskappe oor die sinaps vind egter op ‘n chemiese wyse plaas. Chemikalieë wat deur die boutons geproduseer word “skiet” of “spuit” die boodskap van die een kant na die ander kant oor die spasie tussenin (soos ‘n springmielie wat verhit word, “pof” en dan spring). As die proses oor en oor herhaal word, vermeerder die boutons beide in grootte en aantal, wat die gaping (sinaps) tussen die selle kleiner maak. Sodoende word die afstand waaroor die boodskap moet spring al korter, nouer of kleiner. Hoe meer boutons daar is, hoe minder energie word benodig en op die manier word gewoontes gevorm. Hoe meer kere ons dus ʼn handeling uitvoer, hoe stewiger word die gewoonte vasgelê. Daar is al soveel as 80 000 boutons getel op die kant van ʼn enkele neuron. Boutons wat boodskappe oordra langs die gewoontelike paadjies in die brein word as permanent beskou. Dus: as ʼn gewoonte eers vasgelê is in die brein, is daardie gewoonte. Dit gaan nie weer “weg” nie. Terloops, in kinantropometrie het ons egter geleer hoe jy hierdie ‘paadjies’ kan afbreek en verander.

Ons verloor nie ons bestaande boutons nie, maar ons kan altyd weer nuwes bou.

Dink aan jou gewoontes. Dink dan aan jou boutons. Hoe gaan jy jou gewoontes verander as jy nie van jou boutons ontslae kan raak nie, daardie getroue senders van jare se gewoonte patrone?

Gewoontes soos: “Hoe gaan dit met jou?” – “goed dankie en met jou?” Ruik sigaretrook – steek ʼn sigaret aan. Hoor die foon lui – tel dit op om te antwoord. Baas kom in die vertrek – lyk dadelik besig. Gaan na ʼn troue – word hartseer. Sien ʼn leer teen ʼn muur – loop om die leer. Sien ʼn verkeersbeampte met ʼn spoedkamera – ry dadelik stadiger. Ruik jou gunsteling dis – mond water.

Hoe kan mens al hierdie gevestigde gewoontes verander? Kan ons dit enigsins verander?

Ja ons kan. Die bemoedigende nuus is: ons weet vandag dat al kan ons nie ons ou boutons vernietig nie, kan ons nuwe boutons laat groei en nuwe paadjies rondom die oues bou (soos tydens ʼn hartomleiding-operasie waardeur die bloed na die hart deur ʼn alternatiewe gang gelei word). Dit is altyd die doel van terapie: om die kliënt te help om nuwe boutons te bou omdat die oues nie goed werk nie. Dit verg inspanning van die kliënt, want ‘energie’ is die belangrikste faktor wat jy benodig om nuwe paadjies en boutons te kan bou,  nie ‘tyd’ nie.

Energie bou nuwe gewoonte paadjies.

As ons ʼn nuwe paadjie deur ʼn grasland wil maak, kan ons dit vinniger doen as ons herhaaldelik en dikwels ons voete hard en ferm op die grond neersit. Doelgerigtheid verskaf maksimum energie. Dit maak nie saak watter soort energie in die liggaam ervaar word nie – emosionele energie, fisiese energie, seksuele energie – al hierdie vorme van energie kan gebruik word om nuwe gewoontes (nuwe boutons) te bou en te kweek. Om byvoorbeeld te leer dans is ʼn goeie voorbeeld van nuwe boutons bou.

Vier groepe het deelgeneem aan ʼn oefening om betekenislose woorde te leer. Die groep wat gelê en leer het, het die langste geneem om te leer. Die groep wat gesit het, het beter gevaar. Die groep wat gestaan het, het nog beter gevaar. Die wat die vinnigste geleer het, het op en af geloop en die woorde hard opgesê. Positiewe emosionele energie – vreugde, entoesiasme, afwagting, opwinding, sukses, streling, bemoediging – is die mees kragtige energie om te leer.