Dink slank, word slank – die Sielvol Slanke Weg

© Jorgan Harris.

1. Het geen verslankingstegnieke vir jou gewerk nie?

Is jy keelvol vir dieet? Het jy te veel gehad van ek sal môre begin? Is jy dik vir wilskrag? Het jy te veel op jou vurk met maatbande, skale, kalorietellings en alewige nuwe-diëte? Is jy keelvol daarvoor om na elke ete swaar, ongemaklik en opgeblaas te voel? In kort – het jy meer as genoeg gehad van sukkel met jou vet?

2. Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg

Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg is in 2011 deur my ontwikkel om ʼn alternatief te vind vir diëte wat in elk geval nie werk nie. Hierdie Weg is ʼn reis van dekadensie en opwinding. Dit is ʼn reis om jou kop oop te maak, om anders te dink en om los te breek van jou ou oortuigings rondom verslanking. Dit is ʼn rewolusionêre reis aangesien jy glad nie dieet, oefening of enige vorm van wilskrag nodig het om te verslank nie. Jy sal verslank deur jou lewe en jou kos dekadent te geniet en om op te hou om jouself te bekommer oor jou vet.

Jou vet-wees het niks te doen met wat jy eet, wanneer jy eet of hoeveel jy eet nie. Dit het ook niks te doen met oefening, oorerwing of fisiese probleme nie. Wat by jou mond inkom, moet weer uit jou liggaam uitgaan in die vorm van uitskeiding. Die vraag is eerder hoekom jou liggaam jou kos terughou en dit stoor in jou liggaam se spense in die vorm van vet.

3. Jy sal in hierdie sielvolle reis ontdek:

  • dat jou lewenskwessies vet in sekere dele van jou liggaam veroorsaak
    wat hierdie kwessies is;
  • dat wanneer jy hierdie kwessies verwerk, sal jy in daardie dele van jou liggaam outomaties verslank;
  • die soort kosse wat jou swakheid is, jou eintlik net meer vertel van waar jou lewenskwessies lê;
  • die areas in jou liggaam waar jy geneig is om vet te word, ook besig is om vir jou te vertel wat hierdie lewenskwessies lê;
  • jy hierdie kwessies sonder enige inspanning kan en sal oorwin;
  • wanneer jy hierdie lewenskwessies oorwin, jy sal besef dat jy in beheer van jou lewe is en kan jy eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil;
  • jy dan jou lewe dekadent en sielvol KAN geniet en aanhou verslank sonder dat jy verstaan hoe dit gebeur het.

Hipnose tesame met die Sielvolle Weg sal jou help om om jou te help om jou kos nog meer te geniet en terselfdertyd sonder enige inspanning maklik van daardie vet ontslae sal raak. Finaal, vir goed, vir ewig.

Die Sielvolle Weg werk die beste met mense wat desperaat is om te verslank – juis vir daardie mense vir wie alle diëte nie gewerk het nie. Dit stel jou in staat om ʼn totale verandering van jou idee rondom verslanking aan te neem. Hierdie verskuiwing is radikaal. Dis wanneer jy aanvaar dat diëte nie werk nie en wanneer jy die idee aanneem dat dit ʼn natuurlike proses moet wees waarin jy kan eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil en te glo dat die onderbewuste dit vir jou sal doen sonder dat jy enige iets hoef te doen.

4. Terapie vir verslanking behels die volgende:

  • Vergeet van moeite soos oefening en dieet. Dit stel net kortisol vry wat jou vetter maak.
  • As jy steeds wil dieet en oefen, sal jy net vetter en vetter bly word.
  • Besef dat dit lewenskwessies is wat jou vet maak en niks anders nie.
  • Verstaan dat die kos wat jy te veel van eet en die plekke in jou liggaam waar jy vet word, jou egter meer vertel watter lewenskwessies jy deur moet werk.
  • As jy nie deur hierdie lewenskwessies gewerk het nie, sal jou onderbewuste dink dat jy in ʼn oorlewingstryd gewikkel is. Jou onderbewuste sal die kos wat inkom in sy spense bewaar vir die swaar tye wat kom, in plaas daarvan om dit te verwerk en na jou uitskeidingskanale te stuur. Sodoende word en bly jy vet.
  • As jy deur jou lewenskwessies gewerk het sal jy leer dat jy meer as ʼn oorwinnaar is en dat jou liggaam nie nodig het om kos in vetselle te stoor ten einde te oorleef nie.
  • Dan kan jy dekadent lewe en waarlik lewe en eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil.
  • Nou kan jy glo en vertrou jy sal wees soos wat jy geskape is om te wees – hartstogtelik slank en gesond.

5. Terugvoer oor Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg

Hieronder volg ʼn keur uit die terugvoer wat ek ontvang het van kliënte vir verslanking en lesers van my boek. Ek reproduseer hulle terugvoer verbatim:

(Alle name wat gebruik word, is skuilname).

Hi Jorgan

Ek kry nou al vir weke nie meer angsaanvalle nie. My depressie het ook nie weer sy opwagting gemaak nie. Ek was so verlig dat jy vir my gesê het ek hoef nie my pa te laat gaan nie. Ek kan hom maar in my hart hou. (Nota deur Jorgan: sy kon die dood van haar pa nie verwerk nie en kon hom nie laat gaan nie). Dit het alles vir my verander en ek kan vreemd genoeg nou sy dood aanvaar. Ek hanteer spanningsvolle situasies nou soveel beter. Ek kon nie glo dat ek die lewe soveel anders kan ervaar nie. Aanvanklik was ek kwaad vir jou omrede jy gesê het ek hoef nie terug te kom vir hipnose om te verslank nie. Ek kry deesdae soveel komplimente van mense oor hoe ek lyk en het nie eens besef dat ek gewig verloor nie, totdat ek in ʼn jean ingepas het wat ek seker tien jaar laas kon dra.

Ek sou nooit kon glo dat dit my “issues” was wat my vet gemaak het nie. Ek dra alles net soveel ligter en is letterlik ook soveel ligter!

Lizel


Goeie dag,

My naam is Marilise.  Ek het onlangs die Dink Slank boek aangeskaf en die CD daadwerklik begin gebruik.   ʼn Klein bietjie agtergrond…  Solank as wat ek kan onthou regeer “vet” my lewe… Ek was op my eerste dieet op 10!  Maar saam met dit, ʼn handvol “issues”… wat soos wat die boek tereg noem, waarskynlik die rede vir my gewig is. Ek is gewoonlik net so 5 kilogram van my doelwit af maar dit bly ALTYD ʼn berg…  Dit is seker nodeloos om te noem dat ek al wat boek, al wat pil en al wat middel is al gekoop en probeer het… Ek kan lesings aanbied oor elke moontlike dieet….

Die Dink Slank boek (maar meer die CD…)  het vir die eerste keer in my lewe “iets” vir my gedoen.  Ek voel beter oor myself, ek voel al “mooier”… meer selfvertroue en is op ʼn plek waar ek nou “verslaaf” is aan die CD…(wat reeds voos geluister is…)

Dit voel regtig vir my asof hierdie ʼn lewensveranderende metode is wat ek nie deur my vingers wil laat glip nie.

Marilise


Beste Jorgan

Ek wil vir jou baie dankie sê, al waaraan ek baie van my komplimente kan toeskryf, is na die besoek aan jou.

Vrydag was ek selfs deur vreemdelinge voorgekeer om te sê hoe goed ek lyk. Om herhaaldelik te hoor mense vir my sê was nogal ʼn skok. Hierdie aanhaling is ʼn e-pos wat ek van ʼn vriend ontvang het nadat ek ʼn partytjie by hulle huis bygewoon het.

Ek moet se jy het f****n mooi gelyk nou die aand. Ek weet nie wat dit is nie maar iets het definitief aan jou verander. Jy het definitief gewig verloor dit kon ek sien maar iets anders het ook anders gelyk … he he Nogtans jy het mooi gelyk !!!!

Dit is wat mense gereeld sê, iets anderste het ook verander, jy lyk anderster, ek self kan nog nie in presiese woorde omskryf nie, behalwe dat ek rustiger voel, meer selfvertroue het tussen mense, ensovoorts. Al wat ek kan sê, dit is nie ek, dit is jou werk, wat dit moontlik maak.

Baie dankie.

Steffie


Dear Jorgan

I sent you the invitation to this group exhibition  as you are certainly responsible for my ability now to paint! (My first painting exhibition.)  I have also lost over 20KG thus far since I last saw you.

I’ll come and see you again one of these days, but I did wish to acknowledge the help you gave me during such a hideous time last year and the year before. I hope that I can just move on to ever greater things.

Bestest fondest regards

Jackie


Good Morning

With the weight loss, I have eaten everything I wanted without consciously thinking about it and noticed that I naturally veer towards healthier choices, smaller portions and enjoyment of tastes. My weight stayed constant for 2 months afterwards, even though I have sometimes been bingeing and not gained any weight. I noticed some weight loss in the last 2 weeks. I also feel great about my body image and am not overly concerned about the fact others accept me because of my build or not. The only exercise I do is walking on beaches and in nature as part of a fun experience.

My confidence has increased and I am more direct with people about what I need from them. I am more focused on my business goals and what I feel passionate about. Some relationships ended because of my new sense of self.

Hope this can be of value to you.

Best Regards

Wouter


Hallo Jorgan

Vandat ek kan onthou sukkel ek met my gewig… ek het alles probeer, pille, konkoksies, inspuitings- selfs kalorieë getel. My huisdokter het my na jou verwys, wel wat ʼn verrassing. Ek is bang vir hipnose maar jy het my gehelp, ek het agtergekom na ʼn paar sessies daar is ʼn verandering, ek kon nie my vinger daarop plaas nie. Jy het eers my wat ek noem “my kop uitgesorteer”.  Ons het baie gewerk aan gewigsverlies en weereens ek kan nie my vinger daarop sit nie, maar my gevoel oor kos het net verander! Ek het anders oor kos begin dink, dit het my nie meer gepla nie!

Ek het 17kg verloor en voel soos ʼn nuwe mens, my gewig bly konstant, want dit is nie meer my begin en einde nie.

BAIE DANKIE JORGAN!

Ek is nou halfpad met jou boek – moes net gou  stop om eers vir jou te se:  “AMEN, AMEN, AMEN”!!!!!! – O sorry – Hallo!!

Praat weer later…

Tonne blessings!!

Sonja


Hallo Jorgan

Ek vertrou dit gaan goed.

Ek het jou boek oor verslanking BAIE geniet. Ek dink jy is uitmuntend briljant!

Groete,

Ria


Beste Jorgan

Weet jy, dit is slim geskryf en spaar mens die “patronising” toon van ander boeke wat dieselfde aanspreek. Ek hou van die spirituele aanslag. En dit maak vir my op n dieper vlak sin. Is daar ʼn Engelse weergawe? My kollegas sal mal wees daaroor.

Ek hoop genoeg mense weet van die boek. Jy moet sommer ook ʼn kindle een doen of wat van ʼn iPad app?

Jy is briljant.

Sou graag met jou wou chat oor jou reis met die boek.

Ek hou van die aanhalings en gebruik van die woord vet.

Ek hou van die woord dekadent en dan die perfekte lelie uit die Bybel.

En veral die boodskap wat ek hoor dat die lewe nie is om miserabel te wees nie.

Lise