Depressie is woede sonder entoesiasme

© Jorgan Harris.

1. Meer as net die blues.

Die lewe is vol van die emosionele oppe en affe en elkeen van ons ervaar die blues van tyd tot tyd. Maar wanneer die af-tye langer aanhou as wat dit moet, of inmeng met jou vermoë om te funksioneer by die huis, werk, of enige ander areas van funksione-ring, mag jy dalk aan depressie ly.

Depressie affekteer jou gemoed, verstand, liggaam en optrede. Navorsing het getoon dat 5 – 6% van die populasie ʼn depressiewe versteuring sal ontwikkel gedurende hulle lewe. Amper twee derdes van hierdie mense kry nie die hulp wat hulle nodig het nie. Behandeling kan die simptome van meer as 80% van gevalle verlig. Omdat depressie meestal nie herken word nie, gaan depressie voort om onnodige lyding te veroorsaak.

2. Wat is depressie?

Depressie is nie dieselfde as net ʼn verbygaande blou gemoed nie. Dit is nie ʼn teken van ʼn persoonlike swakheid of ʼn toestand wat weggewens kan word nie. Mense met depressie kan nie sommer net hulself “regruk” en dan beter word nie. Sonder behandeling, kan simptome vir weke, maande of jare aanhou.

Toepaslike behandeling kan egter die meeste mense help wat aan depressie ly.

2.1   Tipes depressie

Depressie kom in verskillende vorme voor. Hierdie artikel beskryf enkele van die mees algemene tipes depressie. Binne hierdie tipes is daar egter variasies in die hoeveelheid simptome, hoe ernstig dit is en hoe aanhoudend dit is.

Major depressie is ʼn kombinasie van simptome wat inmeng met jou vermoë om te werk, slaap, eet en om aktiwiteite wat jy voorheen geniet het, te geniet. Hierdie magtelose episodes van depressie kan een, twee of herhaaldelik in ʼn leeftyd gebeur.

2.2   Kriteria vir ʼn major depressiewe episode:

Volgens die DSM 5 (Diagnostical and Statistical Manual of Mental Disorders Edition 5) moet daar vyf (of meer) van die volgende simptome wat teenwoordig wees tydens ʼn twee-week periode wat verskil van vorige funksionering; ten minste een van die volgende simptome is teenwoordig, of (1) ʼn depressiewe gemoed of (2) ʼn verlies aan belangstelling of genot.1. Depressiewe gemoed meeste van die dag, amper elke dag, soos aangedui deur jou eie subjektiewe ervaring of die ervaring van ander mense om jou. Hierdie gemoedstoestand mag gekarakteriseer word deur hartseer, leegheid of hopeloosheid.

A.

  1. Gedempte bui meeste van die dag, byna elke dag, aangedui deur u eie subjektiewe verslag of deur die verslag van ander. Hierdie bui kan gekenmerk word deur hartseer, leegheid of hopeloosheid.
  2. Kenmerkende verminderde belangstelling of plesier in alle of amper alle aktiwiteite meeste van die dag amper elke dag.
  3. Betekenisvolle gewigsverlies as jy nie dieet nie of toename in gewig.
  4. Onvermoë om te slaap of te veel slaap amper elke dag.
  5. Psigomotoriese gejaagdheid (agitasie) of vertraging amper elke dag.
  6. Uitputting of verlies aan energie amper elke dag.
  7. Gevoelens van waardeloosheid of oormatige of ontoepaslike skuldgevoelens (wat in jou verbeelding mag wees) amper elke dag.
  8. Verminderde vermoë om te dink of te konsentreer, of besluiteloosheid, amper elke dag.
  9. Herhalende gedagtes aan die dood (nie net die vrees om dood te gaan nie), herhalende selfdood-idees sonder ʼn spesifieke plan, of ʼn selfdood poging of ʼn spesifieke plan om selfdood te doen.

B. Die simptome veroorsaak ʼn klinies betekenisvolle ongemak of belemmering in sosiale-, werks- of ander belangrike areas van funksionering

C. Die episode is nie as gevolg van die effekte van ʼn substans of ʼn mediese toestand nie.

D. Die gebeurtenis kan nie beter beskryf word deur ʼn skiso-affektiewe versteuring, skisofrenie, skisofrene-vorme versteuring, delusionele versteuring, of ʼn ander gespesifiseerde en ongespesifiseerde skisofrenie spektrum en ander psigotiese versteurings nie

E. Daar was nog nooit ʼn maniese episode of ʼn hipomaniese episode nie

F. ʼn Minder ernstige vorm van depressie is distimie, wat langtermyn simptome van depressie inhou, maar jou nie keer om tot jou volle potensiaal te funksioneer om van goeie gevoelens nie. Soms ervaar mense met distimie soms major depressiewe episodes.

Diagnostiese kriteria vir ʼn distimiese versteuring:

Depressiewe gemoed meeste van die dag, vir meer dae as nie, soos aangedui deur subjektiewe mededeling of observasie deur ander, vir ten minste twee jaar.

Wanneer die persoon depressief is, is daar twee (of meer) van die volgende betrokke:

  • Swak aptyt of ooreet
  • Slapeloosheid op hiperslaapsaamheid
  • Lae energie of uitputting
  • Lae self-esteem
  • Swak konsentrasie of probleme om besluite te neem
  • Gevoelens van hulpeloosheid.

3. Wie word depressief?

Depressie raak mense van beide geslagte en alle rasse, ook alle kulturele en sosiale klasse. Daar word bereken dat 5 – 6% van die populasie aan ʼn major depressie mag ly deur die gang van hulle lewe.

4. Wat veroorsaak depressie?

Net soos depressie baie verskillende vorme aan kan neem, het dit ook baie moontlike oorsake. Depressie word eintlik veroorsaak deur ʼn kombinasie van faktore.

Maar hoekom word die een persoon depressief terwyl ʼn ander onaangeraak blyk te wees onder dieselfde omstandighede? Daar is nie ʼn duidelike antwoord nie. Vir elke persoon is daar ʼn komplekse, individuele patroon van faktore wat saam werk om depressie of toe te laat of om dit te voorkom in enige gegewe tyd.

Soms is dit moontlik om ʼn spesifieke gebeurtenis (of gebeurtenisse) uit te sonder wat die depressie kon veroorsaak. Maar daar is ook die kere wat depressie ontstaan vir geen spesifieke rede nie, selfs vir mense wie se lewens ooglopend goed gaan.

Persoonlik glo ek nie in genetiese of biochemiese faktore as ʼn oorsaak vir depressie nie. Dit is maklik om te sê dat omrede my oupa en my pa en ek ook depressief is, dat dit beteken dat depressie geneties oordraagbaar is. Die waarheid is egter, is dat depressie aangeleerde gedrag is. My oupa het groot geword in onstabiele tye net na die Tweede Wêreld-oorlog. Die wêreld was toe  ʼn slegte plek om in te lewe. Toe my pa gebore is, is hy sedert kindertyd gekondisioneer dat die wêreld ʼn slegte plek is om in te lewe. Met my geboorte is ek gekondisioneer met dieselfde idee, totdat ek besef het dat dit nie die geval is nie. Dit is die moment waar ek dinge in ʼn ander lig sien en waar ek my depressie oorwin het.

5. Woede sonder entoesiasme

Iemand het eenmaal gesê: “depressie is woede sonder entoesiasme”. Wanneer ʼn persoon depressie het, mag dit beteken dat hy of sy kwaad mag wees vir iemand of iets, maar vir een of ander rede kan die persoon niks daaraan doen nie.

So iemand is besig om woede te onderdruk – om teneer-te-druk vir sekere redes:

  • Die persoon voel hulpeloos en magteloos om woede te ervaar oor iets wat in die verlede gebeur het. Dit is mos nou verby en jy kan niks meer daaraan doen nie.
  • Die persoon mag kwaad voel teenoor iemand in ʼn gesagsposisie soos ʼn pa of ma, selfs ʼn baas of die regering.
  • Die persoon mag selfs kwaad voel teenoor God maar kan niks aan God doen nie en onderdruk die woede.
  • Die persoon mag gedryf word deur skuldgevoelens en daarom ontmagtig om woede uit te druk. Dit is ʼn sonde om kwaad vir God, die regering of die persoon se ouers te wees.
  • Die persoon is gekondisioneer om sagmoedig te wees en om die ander wang te draai en vergeet dat selfs Jesus stoele en tafels in die tempel omgekeer het.

6. Is depressie ʼn siekte?

Daar word dikwels na depressie verwys as die siekte van ons tyd.

Eerstens: depressie is nie ʼn siekte nie. Mense is nie depressief as gevolg van genetiese faktore, omstandighede, ander mense, geskiedenis ens. nie.

Jy kan nooit depressief wees nie. Jy kan net jou depressie doen deur die keuses wat jy maak. Jy kan letterlik besluit of jy ʼn slagoffer gaan wees en of jy ʼn vernuftige oorwinnaar gaan wees. Die eerste stap in die genesing van depressie, is om te besef dat jy nie ʼn slagoffer is nie, maar dat jy kwaad is en dat jy ʼn reg het om kwaad te wees en om jou kwaad te doen.

7. Behandeling

Depressie is een van die mees behandelbare versteurings. Tussen 80 en 90% van alle mense wie depressie “doen” reageer op behandeling en feitlik alle depressiewe mense wie behandeling ontvang kry ten minste ʼn mate van verligting van hulle simptome

Baie mense dink depressie sal weggaan as die lyer net ʼn poging aanwend om positief te dink of om uit te gaan en hom of haarself net te geniet. Hierdie gebrek aan begrip kan op sigself die depressiewe persoon net nog meer depressief en ook geïsoleerd laat voel. Dit beteken ook dat mense met depressie dikwels terughoudend is om hulle vriende en kollegas van hulle kondisie te vertel.

Hipnose is ʼn uitstekende manier om jou woede uit te lug en jouself weer te herbemagtig deur jouself toe te laat om jou onderdrukte woede te ervaar en om daarop uit te ageer – letterlik om jou woede weer entoesiasme te gee. Om jou weer in beheer te plaas. Alleenlik wanneer jy jou woede uitgedruk het, is vergewing moontlik.

8. Gevolgtrekking

Depressie is nie ʼn siekte nie – dit is ʼn keuse. Jy kan kies om depressie te doen en soos ʼn slagoffer te voel, of jy kan kies om oorwinning te doen en te besef jy is nie ʼn slagoffer nie, maar net ʼn oorlewer, maar nog meer as ʼn oorlewer – ʼn wenner. Terapie sal jou help om hierdie besef te herwin.

A.

  1. Gedempte bui meeste van die dag, byna elke dag, aangedui deur u eie subjektiewe verslag of deur die verslag van ander. Hierdie bui kan gekenmerk word deur hartseer, leegheid of hopeloosheid.
  2. Kenmerkende verminderde belangstelling of plesier in alle of amper alle aktiwiteite meeste van die dag amper elke dag.
  3. Betekenisvolle gewigsverlies as jy nie dieet nie of toename in gewig.
  4. Onvermoë om te slaap of te veel slaap amper elke dag.
  5. Psigomotoriese gejaagdheid (agitasie) of vertraging amper elke dag.
  6. Uitputting of verlies aan energie amper elke dag.
  7. Gevoelens van waardeloosheid of oormatige of ontoepaslike skuldgevoelens (wat in jou verbeelding mag wees) amper elke dag.
  8. Verminderde vermoë om te dink of te konsentreer, of besluiteloosheid, amper elke dag.
  9. Herhalende gedagtes aan die dood (nie net die vrees om dood te gaan nie), herhalende selfdood-idees sonder ʼn spesifieke plan, of ʼn selfdood poging of ʼn spesifieke plan om selfdood te doen.

B.Die simptome veroorsaak ʼn klinies betekenisvolle ongemak of belemmering in sosiale-, werks- of ander belangrike areas van funksionering
C.Die episode is nie as gevolg van die effekte van ʼn substans of ʼn mediese toestand nie.
D.Die gebeurtenis kan nie beter beskryf word deur ʼn skiso-affektiewe versteuring, skisofrenie, skisofrene-vorme versteuring, delusionele versteuring, of ʼn ander gespesifiseerde en ongespesifiseerde skisofrenie spektrum en ander psigotiese versteurings nie.
E.Daar was nog nooit ʼn maniese episode of ʼn hipomaniese episode nie.
F.ʼn Minder ernstige vorm van depressie is distimie, wat langtermyn simptome van depressie inhou, maar jou nie keer om tot jou volle potensiaal te funksioneer om van goeie gevoelens nie. Soms ervaar mense met distimie soms major depressiewe episodes.